[Foto’s] Brand beskadig Tulbagh-geboue

Foto: JG Heijstek

Foto: JG Heijstek

Twee historiese geboue in Tulbagh in die Wes-Kaap is deur ʼn brand beskadig.

Die brand het by ʼn huis in Kerkstraat ontstaan. Volgens ʼn ooggetuie, wat in ‘n gastehuis in die Cape Dutch Quarters gebly het, het hy Sondag in die vroeë oggendure wakker geword en na die voorste deel van die huis geloop.

Hy het ʼn gloed verder af in die straat gesien en sy vriend, wat saam met hom in die gastehuis oorgeslaap het, gaan wakker maak. Hulle het hul besittings gegryp en in die straat gaan staan. Die polisie en brandweer was op die toneel en mense is ontruim.

Die brand is geblus, maar ʼn gedeelte van die Tulbagh-hotel en na wat verneem word, ʼn private woning, is erg in die brand beskadig.

Geen beserings of lewensverlies is aangemeld nie. Die oorsprong van die brand word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Thea Gerber ·

So hartseer. Was n pragtige en gerieflike hotel met gawe personeel. Die ou gebou was ongelooflik mooi.

Leendert ·

Ja Thea, toenter jare was dit ‘n aardbewing waaronder die hotel deurgeloop het, toe gerestaureer is, nou ‘n brand.

Isabel ·

Wat op aarde is Courters. Dit moet sekerlik Quarters of Kwartiere wees

Nico Strydom ·

Dagsê Isabel

Jammer vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Vriendelike groete

Leendert ·

Jammer, baie hartseer. Kyk, as ‘n grasdak gebrand het, al staan van die mure, is dit ‘n katestrofe. Water van die as en roet is in die mure wat nog staan en die fondasie ingetrek, ook in die meubels, dit wat nie deur die brand self beskadig is nie, en die reuk daarvan is in als ingetrek. Die antwoord, breek af, gooi als weg, begin van voor af, sleep die planne nader.

Buitestander ·

Leendrert, die is ‘n gesiedkundige gebou. Rook reuk ka nie in die mure intrek nie maar wel tekstiel soos materiaal.
Lyk my iemand is op die uitkyk vir werk daarom die voorstel van afbreek. Mure metaal kan nie in brand beskadig word nie. Waarom alles afbreek???

Pop ·

Nee nee leendert, al bly staan net die mure moet mens restoureer. Gaan kyk bietjie in engeland, hulle maak selfs varkhokke reg. Niks word afgebreek. Alles word bewaar. Is erg genoeg dat ander ons erfnis so beskadig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.