Brand breek uit by Chris Hani Baragwanath-hospitaal

(Foto: GautengHealth/Twitter)

Die departement van gesondheid in Gauteng het bevestig dat ʼn brand Woensdag by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal uitgebreek het.

“Die brand het by die oop ruimte naby die Covid-19-tente ontstaan,” het die departement in ʼn verklaring gesê. “Weens sterk wind het die brand na die wasgoedperseel versprei en deel van die linne beskadig wat gewag het vir vernietiging.”

Stad Johannesburg se brandweer van Dobsonville en Jabulani het betyds opgedaag voor die brand na die bruikbare linne en die gebou kon versprei.

Geen beserings is aangemeld nie.

(Foto: GautengHealth/Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Chris dupreez ·

Snaaks hoe die brande by al die staatshospitale ontstaan. Geen instandhouding, geen veiligheids regulasies wat toegepas word. ?

VaalDonkie ·

Nee dis erger as dit. Dit word met opset gestig. Ek het net so gevoel daaroor.

Kosie ·

Wonder hoekom raak al wat n hospitaal is skielik aan die brand, snaaks net so vanself, of moet ek sommer weet alles moet mos ten gronde gaan sodat alles van voor af kan begin, ons weet mos ons landsburgers is in staat om alles wat ons gehad het weer te kan herbou, kyk net hoe goed was die onderhoud die laaste 26+ jare.

Astrain ·

Orals word mos warm maak vure gemaak….want reëls is mos daar om gebreek te word!!!

VaalDonkie ·

Was dit Klimaatsverandering of “onderliggende toestande” wat die brand veroorsaak het?

Dries ·

Brande in staatsgeboue word meestal veroorsaak deur verwarmers wat aan gelos word, selfs wanneer die werkers huistoe gaan.

Marcello ·

Weereens ‘n brand wat uitbreek by ‘n Staatshospitaal, dit laat mens wonder wat aan die gang is nê. So gaan die een na die ander hospitaal op in vlamme, en bedrog word al groter by Staatsinstellings. Snaaks die tipe goed het nooit gebeur voor 1994 nie.

Swerwer ·

Die brande wat so by die hospitale ontstaan moet seer sekerlik deur spoke gestig word want daar is nooit ‘n bewyse wat die ontstaan versoorsaak het nie. Wag bietjie, hoekom moet linne vernietig word, as dit geskeur is omfnie meer geskik is vir die hospitale nie kan dit mos gewas word en aan organisasies geskenk word wat dit kan hergebruik vir minderbevoorregtes. Daar is organisasies wat die herwinbare materiaal kan gebruik al word dit selfs gekleur. Self vloerlappe kan daarvan gemaak word om kostes in hospitale en ander staats instellings te besnoei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.