Brand breek uit by Jhb-hospitaal

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

ʼn Brand het Sondag glo by die Helen Joseph-hospitaal in die weste van Johannesburg uitgebreek.

Jack Bloom, LP van die Demokratiese Alliansie (DA), het gesê ʼn stoorkamer by die hospitaal was in vlamme gehul, maar die brand kon vinnig deur die brandweer geblus word. Die brand volg op nog ʼn hospitaalbrand in Mei vanjaar by die Tambo Memorial-hospitaal in Boksburg aan die Oos-Rand.

“Ek is besorg oor die brand by die [hospitaal] vanoggend wat vrae laat ontstaan oor brandbestryding by hospitale in Gauteng,” het Bloom gesê. “Gelukkig het die brande in albei gevalle nie die sale met pasiënte geraak nie, maar volgende keer mag ons dalk nie so gelukkig wees nie.”

Bloom het gesê verskeie hospitaalgeboue het dringend instandhouding en herstelwerk nodig wat sal help met brandbestryding. “’n Brandondersoek-oudit moet by alle Gauteng-hospitale gedoen word om te verseker dat maatreëls vir brandbeheer voldoende is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.