Brand breek uit by Kendal-kragstasie

‘n Skermskoot van die brand by die Kendal-kragstasie in Mpumalanga.

’n Brand het Vrydagoggend by die Kendal-kragstasie naby Ogies in Mpumalanga uitgebreek.

Eskom het bevestig dat ’n brand op een van die vervoerbande waarmee as na buite vervoer word, uitgebreek het.

Die brand is intussen geblus en geen beserings is aangemeld nie.

Die kragvoorsiener sê die brand het geen invloed gehad op kragopwekking nie en die vervoerband word vandag vervang.

Die kragstasie se bedrywighede gaan normaal voort.

Winkels is ook gedurende ‘n brand in Brakpan vernietig. (Foto: Verskaf)

In ʼn ander voorval is verskeie winkels in ’n brand aan die Oos-Rand vernietig.

Kol. Mathebula van die plaaslike polisie het gesê polisiebeamptes is vanoggend na Stasie- en  Kritzingerweg in Brakpan ontbied waar ’n blok winkels in ligte laaie gestaan het.

Voorlopige ondersoek dui daarop dat ’n brand aanvanklik in een van die winkels ontstaan het waarna dit na die ander versprei het.

Die brand word in dié stadium nog geblus.

Geen beserings of voorvalle van plundering is in dié stadium aangemeld nie, sê Mathebula.

Bad fire at Kendal Power Station

Posted by Sandile Gift Floyd Magobholi on Thursday, February 11, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Drico ·

Boksburg en Brakpan is 2 verskillende dorpe. Die beskrywing by die foto van die uitgebrande winkels is in Brakpan. Sal MM asb dit net wysig. Daar is nog n dorp Benoni wat tussen Brakpan en Boksburg gelee is.

Megan Swart ·

Dagsê Renata
Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Nico ·

Hierdie brand kon verhoed gewees het , was daar beter beplanning en beter toesig was. As die belde skoon was sou so iets nie gebeur het nie, is daar beldsweepes wat kyk dat die belde skoon is. Vrywing veroorsaak moeilikheid en brande, daar moes beter bepkannibg en toesig gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.