Brand breek uit by Krugersdorp-tronk

Foto aan Maroela Media verskaf

Foto aan Maroela Media verskaf

Oortreders het Vrydag matrasse in die J-Max-gedeelte van die Krugersdorp korrektiewe sentrum in Gauteng aan die brand gesteek.

Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gesê beamptes het die brand geblus en agt beamptes moes vir rookinaseming behandel word.

“Slegs 12 van die 61 oortreders wat in die eenheid aangehou word, het rookinaseming opgedoen en hulle is na openbare hospitale geneem vir ondersoek en behandeling,” het hy gesê. “Een persoon wat aan epilepsie ly en een persoon wat asma het, is volledig ondersoek en hulle bly in die hospitaal.”

Wolela het bevestig dat daar geen groot skade aan die struktuur van die gebou aangerig is nie, aangesien oortreders matrasse gebrand het.

“Veiligheidsbeamptes het die fasiliteit en aanliggende sentra betree. Die nooddiensspan is ook ontplooi om die situasie te monitor. Die ondersoek duur voort,” het hy bygevoeg.

Raynold Ndema, waarnemende streekskommissaris van Gauteng, het bevestig alles het weer na normaal teruggekeer.

Die brandstigting is by die polisie aangemeld vir ondersoek en moontlike vervolging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Vra maar net ·

Daar het ‘n week of 2 gelede by dieselfde tronk ‘n brand uitgebreek. Is dit die 2e gevak v brandstigting of is hierdie berig ou nuus?

Sune van Heerden ·

Dagasê Vra maar net

Manelisi Wolela het bevestig dit is die tweede geval van brandstigting by dieselfde tronk.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Toubs ·

Ek neem aan dat hulle selle en gange weer mooi skoongemaak sal word. Kontrakteurs sal die nodige skoonmaak vd roet doen. Mure, meubelmente vensters en traliewerk weer sal verf. Nuwe matrasse, lakens en kussings weer vir elkeen gegee sal word. Sodoende sal my belasting dan ook verhoog word in die nuwe belastingjaar 2016 – 2017.
Ek het ‘n oplossing vir sulke probleme, maar dit is mos ‘n rehablitasie sentrum, nie ‘n straf uitdienende tronk nie.
NS. ‘Media’ se ‘i’ is net voor die ‘a’ :-)

Mooi naam ·

Dis nou ‘n mooi naam ‘oortreders’. So ‘gevangenes’, ‘tronkvoëls’, ‘misdadigers’ ens. is nou beledigend? Die woordeboeke sal ook nou dunner wees.

Amanda Wait ·

Politieke korrektheid is mos aan die orde van die dag.

lientjie ·

ONTHOU daai duer staan oop vir enige een moet nie te gou praat nie

Arizona ·

Vir hulle straf behoort hulle nou op die kaal sement te slaap

Buitestander ·

Selfs gevanines het baie regte, moordenaars, verkagters het volle mense regte en moet met handskoene gehanteer word.
Gewone belasting betalers moet die kremenele onderhou en vertroetel.
Waarde siteem is heeltemal skeef getrek.
Gevannise skep vir hulle maklike ontssnapings roete en belasting betaalers betaal vir die gelag.

Chivago ·

Hier steek ‘n nuwe ding sy kop uit: “Jails must fall”

Jonathan ·

Die geweld van “Fees must fall ” en “free ” loop nou maar seker sy draai Paar ander het ook al deur geloop en is nie n nuwe gebeurlikheid nie Dankie die ander is nog steed veilig daar binne

TM ·

Laat hulle nou op die vloer slaap tot hulle smeek vir matrasse en dan eers sal dit oorweeg word. Maak eers julle kamertjies mooi skoon en dan sal pappa kyk of hy ‘n geldjie het vir beddegoed.

Poppie ·

Laat hulle dan maar hard slaap op die vloer aangesien dit lyk die matrasse is in die pad lol

Positive ·

Slaap op die grond, dis mos lekker om alles stukkend te maak. Nie nuwe matrasse nie, die rede wat hulle in die tronk is, is seker nie om die mede mens te help. Ons arm belasting betaler draai weer op vir hierdie gemors… ek kry hulle glad nie jammer nie

lientjie ·

Nie een van jul weet waarvan jul praat nie. Daai duere staan oop vir enige iemand. Pasop waarvoor jul wens, jul het nie die vaagste benul wat daai mense duer gaan nie. WIE IS JUL OM TE OORDEEL?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.