Brand breek uit by lodge langs Krugerwildtuin

Bongani Mountain Lodge (Foto: Bongani Mountain Lodge, Facebook)

Groot skade is aangerig by die luukse Bongani Mountain Lodge, wat op die grens van die Krugerwildtuin geleë is, nadat ’n brand Sondagaand daar uitgebreek het.

Bongani Mountain Lodge is in die Mthethomusha-wildreservaat in Mpumalanga geleë. Dit is deel van die aha-groep hotelle en lodges.

Ruzandri Stoltz, bemarkingsbestuurder van die aha-groep, sê dit is nog nie duidelik wat die brand veroorsaak het nie.

“Die owerhede ondersoek tans die voorval en verdere inligting sal mettertyd voorsien word,” sê Stoltz.

Volgens Stoltz was daar Sondagaand geen gaste in die lodge ingeboek nie. Al die personeel het ook ongedeerd van die voorval afgekom en kon die eiendom betyds ontruim.

Groot skade is egter weens die brand aangerig.

“As gevolg van die skade aan die eiendom, sal geen verdere besprekings tot verdere kennisgewing geneem word nie. ’n Lid van ons besprekingspan sal diegene met bestaande besprekings kontak om alternatiewe reëlings te tref.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.