Brand breek uit by Mpuma-polisiestasie

Argieffoto

ʼn Deel van die Acornhoek-polisiestasie is beskadig ná ʼn brand by die polisiestasie uitgebreek het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die brand het Vrydagaand omstreeks 22:20 uitgebreek en groot skade is aan die speurderkantore en die gemeenskapdienssentrum aangerig.

“Die oorsaak van die brand is onbekend. Die forensiese afdeling van die polisie sal ondersoek instel om die oorsaak te bepaal,” het Hlathi bygevoeg.

Kenners sal ʼn omvattende assessering doen om die omvang van die skade te bepaal omdat dit onveilig is vir individue om die deel van die gebou te betree wat deur die brand beskadig is.

“Die polisie wil die gemeenskap gerus stel dat dienslewering nie ontwrig word hierdeur nie.”

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het gesê ʼn tydelike gemeenskapsentrum word ingerig. “Ons het intussen ook verhoorafwagtendes na ander polisiestasies geskuif vir hul eie veiligheid, alhoewel die aanhoudingselle nie beskadig is deur die brand nie,” het Zuma gesê.

Gabisile Shabalala, provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid, sal die toneel Sondag besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Oujongvrou ·

Ek raai daar is baie dossiere vernietig in die brand. Kom ons speel raai raai en sien wie was reg.

Arno Scheepers ·

Dossiere was die teiken en sekerlik is baie vernietig. Watter amptenare was waar?

sweis ·

Die klomp in blou sal enige iets doen vir n vyftig randjie hoekom nie hulle lê plek aan die brand steek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.