Brand breek uit by skool in Tulbagh

Brandbestryders blus die vlamme. 

’n Brand het Maandag by ’n hoërskool in Tulbagh in die Wes-Kaap uitgebreek.

Annelize Lamprecht, plaaslike brandweerhoof, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn brand vroegoggend by die Waveren High School in dié dorp uitgebreek het. Die brand is kort daarna geblus.

Volgens Lamprecht is drie klaskamers in die brand beskadig. Niemand is in die voorval beseer nie aangesien dit voor skool plaasgevind het, het sy gesê.

Dit is nie in die stadium duidelik hoe die brand ontstaan het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Onnie ·

Voor skool plaasgevind?? Dis vakansie, daar is nie nou skool nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.