Brand breek uit in Salu-gebou in Pretoria

Argieffoto van die kantoor van die meester van die hooggeregshof in Pretoria. (Foto: Facebook)

’n Brand het Maandagoggend in die kantoor van die meester van die hooggeregshof in Pretoria uitgebreek.

’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat dié brand op die 17de vloer van die Salu-gebou weens ʼn elektriese fout ontstaan het. Die vlamme kon gelukkig vinnig geblus word en min skade is aan infrastruktuur aangerig.

Die departement van justisie word wel nou genoop om sommige gebeurlikheidsmaatreëls in te stel.

Steve Mahlangu, woordvoerder van die departement, sê lede van die publiek word intussen aangeraai om hul naaste landdroshof te besoek vir eise wat minder as R25 000 beloop en andersins by die meesterskantoor ingedien sou word. Dít mits daar geen testament aan die fondse gekoppel is nie.

Alternatiewe reëlings sal getref word wat eise van meer as R250 000 betref. Dié reëlings sal gekommunikeer word sodra dit gefinaliseer is.

Die departement sê hy sal onverpoos werk om te verseker dat dienste by die Salu-gebou so gou moontlik weer gelewer kan word.

“Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat lede van die publiek in hierdie tydperk ondervind. Die departement bly daartoe verbind om toegang tot geregtigheid aan almal te verskaf,” sê Mahlangu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Burgermeester ·

My mens, my kind, my kroon … Aai!! Sien wat gebeur as julle nie die geboue sowel as elektriese bedrading gereeld onderhou nie?

domheks ·

Onderhoud? Weet die cANCer wat die woord beteken. Die goed sal nie vir ewig hou nie.

Jonnybegood ·

Elke dag is daar ‘n ander probleem daar. Dit maak mens klaar.

LANA is ELANè ·

Waarom? Want niks word instand gehou nie, behalwe die sakke van korrupte amptenare en hul netso korrupte regering.

Maar dit bly steeds verdag dat daar op so gereelde basis oral brande ontstaan in verskeie staatsgeboue, is dit soos met ESKOM?
ñ Siek manier dmv sabotasie om seker te maak dat daar heeltyd inkomste en “kickbacks” gegenereer word vir mense wie andersins nie die geleentheid sou kry om te werk nie.

marius ·

Jul opname masjiene in die howe werk nie . Jul forensiese afdelings is flenters . Jul meester kantore is ghaos . Jul akte kantore is ‘n gemors . Justitia kan maar die lap van haar oee afpluk en die skaal bakke oor haar ore druk . Wat ‘n skande !

Pietertjie ·

Het iemand probeer vuurmaak onder die werkers se sitvlakke?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.