Brand breek uit op Tafelberg

(Foto: Maroela Media)

JONGSTE: SANParke Tafelberg het bevestig die brand is onder beheer gebring. Klik hier om meer te lees.

ʼn Brand het Sondagmiddag net ná 13:00 bo Moltenoweg, Oranjezicht, op Tafelberg uitgebreek.

SANParke Tafelberg het reeds grondspanne en lughulpbronne ontplooi om te voorkom dat die brand na Tafelbergweg versprei.

Drie helikopters is op die toneel met sowat 60 brandbestryders van NCC Wildfires, Volunteer Wildfire Services en Working on Fire. Bykomende spanne staan gereed.

Tafelbergweg en Kloofnekweg is gesluit vir verkeer.

Die Tafelberg-sweefspoor het op versoek van brandbestryders al sy bedrywighede opgeskort. Die publiek word versoek om te voldoen aan enige versoeke van die brandbestryders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.