Brand by Big Brother-huis in JHB

Brand by die Big Brother-huis in Johannesburg op 2 September 2014 Foto: @MarkPilgrimZA, Twitter

Brand by die Big Brother-huis in Johannesburg op 2 September 2014 Foto: @MarkPilgrimZA, Twitter

Die televisieprogram, Big Brother Hotshots, moet uitgestel word na ‘n verwoestende brand Dinsdag by dié huis in Johannesburg uitgebreek het.

“Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie,” het DStv in ‘n persverklaring gesê. “Die ondersoek sal begin sodra dit veilig is om die perseel te betree.” Die huis is by Sasani Studios in Johannesburg geleë.

Die televisieprogram sou Sondag, 7 September begin het.

M-Net en Endemol SA is nou dringend op soek na ‘n ander huis wat gebruik kan word, maar die Big Brother-huis het ‘n baie tegniese infrastruktuur gehad en moes spesiaal ingerig word. ‘n Alternatief is nie dadelik beskikbaar nie en dit is nie duidelik wanneer die realiteitsprogram sal hervat nie.

DStv het bevestig niemand is in die brand beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andries ·

Jpeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

snip ·

ja scalla jy praat waar. dit is my beskeie mening dat dit n bollie program is. daar broei allerlei onheilighede uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.