Brand by Eskom se Lethabo-kragstasie

Brand by Eskom se Lethabo-kragstasie in die Vrystaat (Foto: Eskom)

Eskom stel ondersoek in oor ʼn brand Woensdagmiddag by eenheid 5 van die Lethabo-kragstasie in die Vrystaat.

“Ons kan bevestig daar is beserings, maar kan nie verdere besonderhede in hierdie stadium bekend maak nie. Die bestuur se eerste prioriteit is om die veiligheid van die personeel op die perseel te verseker. Verdere inligting sal bekend gemaak word sodra dit beskikbaar is,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

ʼn Kliëntediensnetwerksentrum is intussen in Orange Farm in Gauteng ontruim weens skade aan die gebou en voertuie wat veroorsaak is deur ontstoke betogers. Die groep betoog teen oudits wat op elektriese installasies gedoen word en onwettige verbindings wat verwyder word.

Eskom het ook soortgelyke betogings in ander dele van Gauteng beleef, waaronder in Diepsloot, Protea Glen, Katlehong en Winterveldt.

Orange Farm beleef die afgelope paar maande kragonderbrekings weens transformators wat oorlaai word en dan ontplof weens druk van onwettige verbindings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

AW ·

That’s the Price we as a collective “pay” whether Directly or Indirectly, with the Manifestation and the Consequences of the South African version of the concept: Democracy!!

For the masses demands that every aspect of Service Delivery must be Free !!

Viva Democracy Viva !!!!

Landi ·

Implimenteer n nuwe wet wat ons kapitaal vloei sal beskerm, en stel dit duidelik aan hierdie plakkers van Orange Farm, dat daar alleenlik herstel werk gedoen sal word, sodra jy wat krag, water, vullis verwydering, solar geysers wil he – jou belasting nommer en bewys van munisipale rekening betalings oorhandig en dat dit op datum is. Alleen dan, sal herstel werk en dienste verskaf word. Liewe hel, al is dit net R20 pm vir arguments onthalwe! Maar nie NIKS nie.

Estelle ·

Ag nee Eskom… hoe durf julle dan nou dit wat die regering met soveel moeite geimplementeer het probeer tot niet maak? Verstaan julle by Eskom dan nou nie dat die massas tot in die fynste detail opgelei is in die volgende nie: Daardie kultuur van “Ek wil hê, so ek VAT.”

Ek raak naar van hierdie “sense of entitlement” kultuur!!!

PJC ·

Hierdie mense weet hulle gaan wegkom met hul optrede want dit is volgende jaar verkiesing en die ANC is tans baie verleë oor stemme. Nou word die situasie nog elke dag uitgebuit deur die EFF ook.

Gert ·

n voorbeeld van n goeie munisipale betuur is Saldanha/Vredenburg munispaliteit
As jou mun.rekening nie op datum is word jy gewaarsku en as jy nie jou kant bring nie isoleer hul jou krag summier. Al het jy nog koopkrag eenhede beskikbaar. Dit word nie aangeskakel voordat jy dit ten volle vereffen het nie. En glo my hulle DOEN dit.
Een van die voorste munisipaliteite in RSA.

yolandi ·

Ek dink nie mense besef die trauma van die ontploffing nie, my pa werk op daardie presiese eenheid wat ontplof het en as hy enigsins moes oortyd werk gister sou dit hy gewees het in die ontploffing, my innige meegevoel egter aan die 2 persone wat omgekom het in die ontploffing, een se vroutjie is swanger met hul eersteling

Ben ·

Hierdie is nog van die meganismes wat gebruik was om die vorige bestel tot ‘n val te bring.
Die magstryd is nog nie verby nie, en word nou deur die nuwe aspirante gebruik. Die instumente weet dit nie, maar die einddoel is kommunisties van aard en poppemeesters sal nie ophou voordat hulle in hulle doel slaag of heeltemal ontbloot en gediskrediteer word.
Op die oomblik speel die huidige bestel so reg in hulle hande.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.