Brand by JHB-fabriek

Rook van die fabriek wat brand. Foto: @PigSpotter / Twitter

Rook van die fabriek wat brand. Foto: @PigSpotter / Twitter

ʼn Groot brand woed steeds by ʼn fabriek in die Denver-nywerheidsgebied in Johannesburg-sentraal.

“Brandbestryders spook nog om die brand onder beheer te kry,” het Robert Mulaudzi, ʼn woordvoerder van die stad se nooddienste, gesê. “Dit is ʼn baie groot brand. Ons probeer om dit onder beheer te kry sodat dit nie na ander fabrieke versprei nie.”

Volgens Mulaudzi het een van die werkers sy been beseer terwyl hy uit die brandende gebou gehardloop het. Hy is op die toneel behandel.

Die brand het Donderdagoggend omstreeks 05:00 uitgebreek. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en gaan ondersoek word.

Die fabriek vervaardig ink vir drukkers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.