Een persoon is Donderdag ernstig beseer nadat ʼn brand by ʼn matrasfabriek in Benrose, Johannesburg uitgebreek het.
Robert Mulaudzi, woordvoerder van die stad se nooddienste, het gesê die man is beseer nadat ʼn muur op hom geval het.
Die fabriek moes ontruim word. Brandbestryders en vyf brandweerwaens is steeds besig op die toneel om die brand te bestry.
Ambulanse is op bystand by die toneel.