Brand by Krugersdorp-fabriek

Argieffoto

Argieffoto

Twee mense het Donderdag geringe brandwonde opgedoen en drie persone moes vir rookinaseming behandel word ná ʼn brand by ʼn fabriek in Krugersdorp, Gauteng.

“ʼn Hidrolise pyp het glo uit ʼn masjien losgekom en ʼn olielekkasie veroorsaak,” het Chitra Bodasing, ʼn woordvoerder van ER24, gesê. “Die olie het op ʼn smeltkroes gespat en die brand veroorsaak.”

Paramedici het ook drie mense vir rookinaseming behandel. “Slegs een persoon moes na ʼn hospitaal geneem word vir verdere behandeling.”

Plaaslike owerhede ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.