ʼn Brand het Vrydagoggend omstreeks 07:30 by ʼn McDonalds-kitskosrestaurant in Durban se middestad uitgebreek.
“Die kombuisgebied was reeds in vlamme gehul toe paramedici en brandbestryders by die toneel opgedaag het,” het Ceron Lennox, woordvoerder van Rescue Care, gesê. Die McDonalds is geleë in Old Fortweg.
“Talle pasiënte is op die toneel vir rookinaseming behandel en talle brandbestryders het saam gewerk om die brand te blus. Die brand is omstreeks 08:00 onder beheer gebring,” het Lennox bygevoeg.
Altesaam 14 pasiënte is op die toneel gestabiliseer voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Owerhede was op die toneel en stel ondersoek in.
Oorverhiitte olie, selfde by my suster se Steers gebeur
Steering (wheel) was mishandled.
Ja kookolie is uiters vlambaar en baie gevaarlik in die verkeerde hande in ‘n kombuis!
3 Macsmoked burgers en ‘n water vir my. Van daai bonzai burgertjies.
Het hulle smaaklose kos toe beter gesmaak?