Brand by Midrand-substasie

Brand by Allandale-substasie in Midrand (20 Maart 2019) (Skermgreep uit die video)

Verskeie gebiede rondom Midrand beleef tans ʼn kragonderbreking ná ʼn brand by Allandale-substasie.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, het gesê ʼn brand het uitgebreek by een van die transformators. “Eskom- en City Power-infrastruktuur is deel van die substasie en die omvang van die skade is nog nie duidelik nie. ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die transformator, wat begin brand het, aan Eskom behoort.”

Die substasie is gesluit en dit raak die volgende gebiede:
* Rabie Ridge 1, 2, 4, 5
* Mayibuye
* Commercial X9
* Austine View
* Dele van Glen Austin

“Tegnici van City Power en Eskom is tans op die perseel om die oorsaak van die brand te probeer bepaal. Ons sal verbruikers op hoogte hou.”

(Video is verskaf aan Maroela Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johan ·

Brand. Dis Suid Afrika se voorland. Dit kan kan baie goed gedoen word.

Ek wonder ·

Ek wonder wat is die doel van al die windlaaiers of windterbunes of wat hulle name ookal is en die sonpanele wat opgesit is vir krag opwekking op ‘n natuurlike manier.

Was dit nie gedoen om verligting vir Eskom se steenkoolkrisis te bring nie.

Bekommerd ·

Die substasies is blykbaar nie ontwerp om die hele tyd aan en af geskakel te word…wanneer die krag aanskakel word vorm daar ”arc” die veroorsaak die brande. Eskom is besig om hulle self te bluf…dit kos miljoene rand om alles wat aan die brand raak en kabel diefstal weer reg te maak.

fred ·

woeps….nog één….en nou kry Eskom n lening van n paar biljoen van BRICS…seker China want die ander lande het ook nie geld nie….wie gaan al die skuld terugbetaal????

Thomas ·

SA is nou na aan sy einde… in elk geval in die vorm waarin ons die land geken het!

Erica ·

Vreemd eers Brakfontein Substasie, toe Rietfontein, en nou Midrand

ZJ ·

Erica , Julius het lankal gese hy sal eskom lamlê. Hulle het mense orals wat dit kan doen aan groot instansies. Al die probleme kan net voor die deur van die ANC en EFF gele word.

Sê net ·

Erica, dit lyk meer na ñ probleem in elke dorp. Het iemand nie gesê hulle gaan die land onregeerbaar maak nie

George in Bloem ·

Omtrent alles in SA slaan deesdae spontaan aan die brand ……sommer net so…..

George van Bloem ·

Alles raak so maklik aan die brand hier in SA.En vir wie kan ons bedank? Sekerlik maar die ANC sirkus met sy spul narre in beheer.

Sinies ·

Dit is hoe die Unies nog altyd hul sin gekry het. In die geval, anti-privatisering.
.
Intimidasie geweld en moord.

Dries Moolman ·

Ander berigte noem dan ‘n petrolbom? Of was dit by een van die vele ander substasies wat gebrand het verlede week?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.