ʼn Hoërskool in Ledig buite Rustenburg in Noordwes, is Vrydag afgebrand.
“ʼn Mobiele klaskamer vir tegnologie, met boeke, profiele en leerlinge se lêers, is heeltemal afgebrand,” het Beauty Makganye, woordvoerder van die Moses Kotane- plaaslike munisipaliteit, gesê. “Meubels wat vir gr. 10- en gr. 12-klasse gebruik is, die departementshoof se kantoor en personeelkamer is gedeeltelik verbrand.”
Die brand is Vrydag omstreeks 04:00 by Itumeleng Sekondêre Skool opgemerk. Ralesole Diale van die munisipaliteit het ʼn beroep op die gemeenskap van Ledig gedoen om skole en gemeenskapseiendom te beskerm.
Diale het die skool besoek om met bestuur van die skool te praat en die omvang van die skade te sien.
Die adjunk-skoolhoof, Itumeleng Sethwala, het gesê die voorsitter van die skool se beheerliggaam het hom omstreeks 04:00 gebel om hom te laat weet dat die skool besig is om te brand.
Leerlinge is van klasse verskoon vir veiligheidsredes.
Die oorsprong van die brand is nog nie bekend nie.
Ja, ledigheid is die duiwel se oorkussing
Brand al die skole af? waar gaan jul onderig vandaan kry? dit is nou die hoeveelste skool”’dir oorsprong van die brand is nog nie bekend? 4 uur in die oggend? iemand wou dalk ontslae raak van al die papier werk? Eksamen vraestelle? Dis ok… Zuma sal weer n ander skool bou””
Oh tog… sorry ek het vergeet… Zuma sal nie kan? want hy het soveel skuld om terug te betaal…oops…..
In die land moet kwaliteit van mense begin tel. Groot kwantiteit van mense veroorsaak nou ons probleme. Te veel hande wat uitgehou word en niks kan kry nie, doen nou net kwaad! Verwoes en brand af!
Dit kom voor of die leuse nou sterk deurskemer; “Liberation before Education”. So gaan dit net aan en dan word die ander skole nou geteiken wat dieselfde pad gaan stap. Maar nou-ja hul glo dit is werkskepping om weer te bou.
Laat hulle afbrand en onnosel bly.
Hulle gaan almal by die ou Model C skole ingedruk word, of jy hulle daar wil hê of nie, want hulle het mos nie meer skole nie. Al hoe meer privaatskole gaan begin opskiet in hierdie land.