ʼn Brand wat Saterdag op Ou Kaapseweg in die Silvermine-gebied in Kaapstad uitgebreek het, is onder beheer gebring.
Die bergpas is vroeër in albei rigtings gesluit.
Philip Prins, brandbestuurder vir Tafelberg- nasionale park, het gesê dit het brandbestryders ongeveer ʼn uur lank geneem om die brand onder beheer te bring. “Vinnige brandbestryding het beslis vandag in ons guns gewerk.”
Bykomende grondpersoneel van VWS Wildfire Services en Working on Fire is in die bloedige hitte ontplooi asook drie bykomende helikopters van Stad Kaapstad en Working on Fire.
Prins het gesê al sewe brandpunte is onder beheer, maar die gebied word deurlopend gemonitor. Bemanningslede is reeds besig met opruimingswerk. Die helikopters is net voor 14:00 onttrek.
Die kwik het Saterdag reeds tot hoër as 40°C in Kaapstad gestyg.
Dit is warm verby. Hier in die laeveld sukkel die kwik om bo 30 grade te kom.