Brand by parlement: ‘Iemand’ moet rekening betaal

(Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Daar is groeiende kommer oor of ʼn versekeringspolis die reuseskade wat verlede week tydens ʼn brand by die parlementêre kompleks in Kaapstad aangerig is, gaan betaal.

Dít veral nadat ʼn verslag van die Kaapstadse stadsraad dui op “growwe nalatigheid” en verskeie tekortkominge in prosesse om die kompleks te beskerm.

Samantha Graham-Maré, die DA se woordvoerder oor openbare werke en infrastruktuur, sê in hierdie stadium is die oorsaak van die brand nie vir haar die grootste kwessie nie – die omvang daarvan is wel. “Die skade wat aangerig is, kon beperk gewees het,” sê Graham-Maré.

Die departement van openbare werke het reeds aangedui dat hy nie sy geboue verseker nie.

Die voorsittende beamptes van die parlement het verlede week aangedui dat die parlement self wél versekering het – teen ʼn bedrag wat volgens die jaarverslag sowat R4 miljoen per jaar beloop.

“Ons weet egter nie wat dit dek nie,” sê Graham-Maré.

R4 miljoen is egter ʼn beduidende bedrag vir ʼn versekeringspolis.

Die polis dek moontlik gebeurlikhede soos eiendomskade, beserings en persoonlike aanspreeklikheid, en moontlik ook sommige van die inhoud van die geboue. Die parlement is egter die tuiste van talle artefakte en kunswerke waarvan die waarde onskatbaar is, en Graham-Maré sê dié items kan waarskynlik nie in ʼn versekeringspolis gespesifiseer word nie.

Sy waarsku ook dat versekeringsmaatskappye soms traag is om uitbetalings te doen en dat dit selfs moeiliker kan wees indien enige moontlike nalatigheid ter sprake kom.

Intussen word steeds gewag op terugvoer op ʼn verslag van die parlement oor wat presies die parlement se versekeringspolis behels en Graham-Maré sê hulle hoop om dit hierdie week reeds in die hande te kry. Daar word ook gewag op die verslag van ʼn span ingenieurs van die departement van openbare werke oor die omvang en oorsaak van die brand. Dié verslag word ook binne dae verwag.

Skade sowat R1 miljard

(Foto: Kaapstad-metro se brand- en nooddienste)

Jack van der Lecq, die oorspronklike argitek van die gebou, plaas die koste vir herstelwerk op sowat R1 miljard, afhangende van die skade.

“Hy praat van skade van sowat R1 miljard, maar ek dink dit kan aansienlik meer wees,” sê Graham-Maré.

“Iemand moet die rekening betaal en in hierdie stadium is dit die belastingbetaler.”

Ben Maswinga, verbonde aan die Suid-Afrikaanse erfenisbronne (Sahra), het volgens IOL gesê dit kan minstens vyf jaar duur om herstelwerk by die parlement af te handel.

Die parlement is nie net ʼn nasionale sleutelpunt nie, dit is ook ʼn nasionale erfenisterrein. Maswinga meen ook dat herstelwerk meer as R1 miljard kan beloop.

Volgens hom gaan heelwat hulpbronne en kundigheid boonop nodig wees. ʼn Ontleding van die boumateriaal moet onder andere gedoen word, en die hulp van restourasie-argitekte, erfeniskenners en ingenieurs sal ingeroep moet word. “Dit gaan ʼn monumentale taak wees,” het Maswinga luidens die berig gesê.

“Die sleutelgevaar is dat al hierdie hulpbronne van nasionale belang is. As erfenishulpbronne is dit nie onbeperk nie, wat beteken ʼn gebou van historiese belang wat beskadig of verwoes word, kan nie bloot vervang word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Marius ·

Dit klink na ‘n goeie plan. Laat die finansieël voos belasting betalers opdok vir die skade.

VaalDonkie ·

Had hulle dan nie versekering nie? Toe ek my huis gekoop het, het die bank my forseer om versekering uit te neem (en ek het nie rerig gestry nie want dis ‘n goeie idee).

Samuel ·

Die staat het nog nooit versekering gehad nie. Selfversekeraar.

Stofdonkie ·

Die parlement is seker nie deur die bang gefinansier met ‘n huislening nie. Dink jy dit kan dalk die verskil wees?

VaalDonkie ·

Ja, ek meen maar net. En as hulle grof nalatig was, dan moet die ou wie veronderstel was om die goed in stand te hou, sommer uit sy eie sak daarvoor betaal.

Suzette ·

Presies!! Ek kook al van woede oor die verval van hierdie land en die onkapabele kaders wat in beheer is – elke hoender op sy eie mishoop. Het nie veel hoop vir enige verbetering. En hierdie onbevoegdes stel elke dag wetsgehoorsame belastingbetalers se lewens in gevaar

Aanhouer ·

Sloop maar. Kry voorafvervaardigde asbes geboue. Sal ook seker ň miljard beloop, afhangende van wie in beheer van die beursie is.

Stofdonkie ·

Bome sal afgekap word vir braaihout, en bome groei dalk bietjie stadig

Stofdonkie ·

Nee, hulle kan eerder by Boswell Wilkie een van hulle ou tente koop. Die parlement kan gehou word in ‘n sirkustent, dan voel dit sommer vir hulle soos die sirkus wat dit is

Kokerboom ·

Die ANC regering is die grootste pes wat hierdie mooi land nog ooit getref het!

Johan ·

Jy is verkeer daar was n groter pes wat die ANC aan bewind gekry het.

Samuel ·

Die staat dra sy eie versekering.

Dit sal nie vyf jaar duur om skade te herstel nie. Daar gaan korrupsie wees, Kader ontplooiing, want tenders gaan verseker na BEE maatskappye gaan wat verbintenis het met hoë lui binne regeringskringe.

Niks in SA kan meer regloop nie. DOW gaan ook hul eiertjies lê en allerhande bogredes aanvoer waarom werk nie kan voortgaan soos beplan nie. ALLES is een groot grap; ‘n sirkus.

Mallie ·

Die een wat verantwoordelik was vir die nagaan van die toerusting moet maar die skade betaal.

Tanniepetoors ·

My hart is só seer oor hierdie pragtige gebou wat gesneuwel het onder die ANC se patetiese beheer oor ons land. Want dit is wat dit is. Die ANC faal hierdie land in elke opsig. Daar is geen, maar geen hoop vir Suid-Afrika onder die ANC- regering nie. Ek moet in skaamte erken dat ek gestem het dat daar positiewe verandering in SA sou wees. Ek het nie rekenskap gehou met Jacob Zuma en sy gatkruipers nie.

Johan ·

Sloop die ding en ontbind die useless parlement…hul doen inelkgeval niks positief nie, SA sal beter vaar sonder n regering.

Leana ·

Ek verstaan nie hoe die staat nie oordentlike versekering op hul geboue het nie. Is daar dan niemand wat deur alle versekerings polisse gaan ten minste een keer ‘n jaar en kyk of die goed alles dek nie en dit opdateer nie en hoekom kyk hulle makelaar nie na hulle nie? Hoekom moet die belasting betaler opdok vir hulle agterlosigheid. Het gedink met al die gemors in ons land van alles afbreek en vernietig sal hulle darem nou al wakker geskrik het.

Samuel ·

Die staat het géén makelaars nie. Hy dra sy eie versekering. Daarom is daar belastingbetalers.

Karen ·

Nou hoe nou. Tipies sê ek. Daar is versekering maar niemand het ñ idee wat dit dek nie.

Blikkies ·

Ek is al so G.. vol vir hulle onbekwaamheid en afbreek van alles wat waarde het vir ons. En ja, die ander kommentator is 100% reg, ons die finansieële vuis voos belasting betalers gaan betaal vir hulle vrot bestuur. Sommer ‘n groot dankie vir De Lille ook omdat sy nie haar werk gedoen het nie. Ai, ek is nou opgetert.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.