‘Brand by parlement ʼn ramp wat gewag het om te gebeur’

(Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die instandhouding van die parlementsgebou het die afgelope tien jaar agteruitgegaan en Sondag se brand was ʼn ramp wat net gewag het om te gebeur.

Só het Natasha Mazzone, DA-hoofsweep, gereageer nadat groot skade aan verskeie geboue in die parlementêre kompleks aangerig is toe ʼn brand Sondagoggend daar uitgebreek het. “Die geboue het verwaarloos, vuil en gevaarlik geword en is beslis nie gepas vir die tuiste van Suid-Afrika se demokrasie nie.”

Die DA meen ʼn onafhanklike ondersoek moet onmiddellik na die brand gedoen word en dat die ondersoek deur deskundiges gelei moet word om te verseker niks word gemis of oor die hoof gesien nie.

“Ons dring ook daarop aan dat Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur, die dokumente in haar besit rakende die vorige brand by die parlement moet openbaar maak.” ʼn Brand het ook in Maart verlede jaar by die parlementsgebou in Kaapstad uitgebreek.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, het gesê sy party betreur die brand wat in die parlementsgeboue uitgebreek het.

(Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

“Die brand by die parlement moet nie net gesien word asof dit ʼn plek is waar parlementslede vergader en debatte voer nie. Die parlementêre kompleks huisves ʼn ryke geskiedenis in terme van geskrifte, skilderye, dokumente en vele meer.

“Die biblioteek is ʼn nasionale skatkis van Suid-Afrika se geskiedenis. Sou dit verwoes wees in die brand is dit ʼn geweldige verlies.”

ActionSA het gesê die brand moet as ʼn “ernstige veiligheidsmislukking” beskou word. Vytjie Mentor, die party se voorsitter in die Wes-Kaap, het gesê daar moet ernstige vrae gevra word oor die veiligheid- en brandstelsels wat by die parlement van toepassing is.

“Met die bevestiging dat ʼn verdagte in hegtenis geneem is in verband met die brand, is dit duidelik dat dit geen ongeluk was nie. Dit is moeilik om hierdie tragedie in isolasie te beskou met die Staatskapingskommissie se verslag wat binnekort bekend gemaak word of die onrus wat in Julie verlede jaar gesien is.”

Die EFF het intussen sy oproepe herhaal dat die parlement na Pretoria verskuif moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Di ·

So word alles verwoes, al die brande wat deesdae uitbreek is beslis nie ‘n toeval nie – brande word met opset gestig! Terrorisme, niks anders nie

Pimento ·

Daar is dan opknappings werk gedoen so onlangs as as twee jaar terug ?
Is nogal kommer weekend dat die DA dit politiese maak en dit om punte te kry !

Perdeby ·

Ja opkmappings wat se opknappings, en watter deel van die gebou? Hierdie is een van die belangrikste sleutelpunte in die land, maar daar is geen wagte nie. Wat te hel??

Kokerboom ·

Na 28 jaar het ANC SA vuil, verwoes en verlate gelaat! Woorde “onderhoud en toekoms” bestaan NIE in hul verwysingsraamwerk! Met De Lille as Min van Openbare werke voorspel dit ‘n verdere ramp!

Lourens CFG ·

Ongelukkig het die anc ons nog nie “gelaat” nie, daar is nog baie wat hulle kan verwoes (en sal).

Nie Verbaas ·

“Die geboue het verwaarloos, vuil en gevaarlik geword en is beslis nie gepas vir die tuiste van Suid-Afrika se demokrasie nie.” Nou toe nou, is ons nie al gewoond aan die “hoë” standaard wat ons ANC regering handhaaf nie? Meer hopeloos as n skilpad in n 100 meter wedloop.

Nie Verbaas ·

Korrek, tog dink die klomp hulle vaar geweldig goed maar dit is seker so as mens geen benul van standaarde het nie.

Marius ·

As julle dink die parlement is vuil en verwaarloos dan moet jul eers na die res van die staat se geboue gaan kyk. Die hele begroting word deur salarisse opgevreet. Daar is geen geld vir instandhouding nie. As daar niks hieraan gedoen gaan word nie gaan dit van hier af net verder agteruit gaan totdat daar niks meer staan nie

JL ·

Hoe tragies dat baie geskiedkundige geboue in ons land so verval. Nog so veel te meer die belangrikste gebou in ons land. Bo en behalwe die historiese waarde, hoeveel en watter onvervangbare dokumentasie is nie verlore nie; geskiedkundige en huidige. Voorwaar ‘n hartseer tendens.

Jakes ·

Wat is daar nog in die land wat nie deur die huidige regering verwoes is nie?

Anel ·

Die land word deur terroriste regeer. Alles wat geskiedkundig is, beteken vir hulle niks. Kyk maar na al die kragpunte wat die afgelope week gevandaliseer is. Mense sit sonder krag, bedighede kan nie funksioneer nie. Die krag moet herstel word. Alles kos geld, maar dit moet maar so wees. Dit is sabotasie en terrorisme. Al die plase wat verlede jaar gebrand het, en wat van ander geboue? Ons het al soveel verloir die afgelope 28 jaar. Maar klink my dit moet maar so wees!!! As voorbeeld van ander lande, die huis waar Jan van Riebeeck in gebly het, ‘n 3 verdieping huis, bestaan dan nog, net soos hulle dit gelos het, in ‘n dorpie met strate en al. Wat het ons? Ons mag niks hê nie. En niks mag hou nie!!!!!

Grassie ·

Alles in die land wat onder beheer van die ANC is, is ‘n ramp wat wag om te gebeur. ‘n Feit is net dat die meeste van die rampe reeds gebeur het – dink maar aan die spoorweë, SAL, Denel, poswese, polisie, onderwys, gesondheidsdienste, waarde van die Rand, rommelstatus van ons ekonomie, korrupsie in die staatsdiens, ‘n weerlose weermag, paaie, Eskom en nog vele, vele meer. Die parlementsgebou se brand is omtrent net die kersie op die koek. Dit is asof die ou gebou besluit het “Alles wat dekades lank in my beredeneer en beplan is, lê in as – ek gaan nou maar ook opgee en by hulle gaan lê”

Sarel ·

Anti Patricia moet verduidelik hoekom Brandbeveiliging en voorkoming nie gewerk het nie..

SlinkseKoljander ·

Opsetlik, kom ons vewoes enige inligting oor SA se demokrasie voor 1994.
Dan lyk die ANC nie so sleg nie, want hulle kan nie vergelyk word aan die vorige regering nie.

annie ·

De Nille boer sedert gister by die parlement so al asof die gebeure niks met haar uit te waai het nie; bloot liefdevolle besorgdheid. Ons grensdrade noord lê in skade en skande met duisende ‘burgers’ wat kies en keur waar hulle hul daaglikse ID-dokument wil gaan benut. Swart rook trek ook uit by skoorstene van die pousdom indien die huidige die gees gegee het. Ook wanneer ‘n nuwe motor sonder olie groet. Die nuwejaarsboodskap van ons regering: Bly kalm… CBD of prozac?

agnes ·

Dis nie snaaks of vreemd nie, alles en almal gaan agter uit in ons mooie land. Geen bestuur en geen onderhoud word gedoen. Skandelik

Samuel ·

Die herstelwerk gaan miljoene kos en die kaders gaan weer ‘n geleentheid sien om hulself te verryk. Natuurlik is instandhouding nie ‘n bekende begrip by die ANC nie. Pffffffft

wessel ·

n voorbode vir die heersende party….net n kwessie van tyd…

Blikkies ·

ANC is ‘n Pap vrot spul. Die hele lot van hulle. Natasha het ‘n hoop en ‘n half as sy dink daar gaan ‘n deeglike ondersoek volg? En De Lille het haarself nog nooit gesteur aan enige iets van belang nie. Hulle gee net nie ‘n hel om nie. Hulle sal eerder alles afbrand om oor die as te regeer voor hulle sal waarde heg aan ‘n ryke geskiedenis, onvervangbare geskrifte, skilderye of enige iets van waarde. Dit gaan sommer vir die EFF en Zuma clan ook.

Esme ·

Wat gebeur met verdagtes? Wat gebeur met Geskiedenis wat verlore gaan? Net soos Staatskaping, Bedrog, Uitbuiting en soveel ander dinge word brande ook onder die mat gevee. Bankrot Suid-Afrika het nie die fondse om ons voorsate se harde werk te herstel nie. Aai, so word ons Geskiedenis voor ons vernietig en dit blyk ook aanvaarbaar te wees.

Tania ·

So hartseer dat al die geboue net vergaan, kyk na die Departement van Gesondheid gebou, ook selfde afgebreek en vuil en niks werk nie dit is so hartseer dat alles verval

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.