Brand by parlement rig skade aan

(Foto: Michael Bachmeier/Facebook)

ʼn Brand het laat Dinsdagaand by die parlementsgebou in Kaapstad uitgebreek, maar is geblus deur die Stad Kaapstad se brandweer voor dit te veel skade kon aanrig.

Volgens die woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, het die brand in die Ou Volksraadgebou uitgebreek. Verskeie kantore en komiteekamers op die boonste verdieping is in die brand beskadig.

Dié kamers, sowel as vertrekke op die onderste vloer van die gebou, is verder beskadig toe die outomatiese sproeierstelsel geaktiveer is om die brand te blus.

Die res van die parlementsgebou is volgens Mothapo nie beskadig nie.

Niemand is beseer nie en dit is tans onduidelik hoe die brand ontstaan het.

Volgens Mothapo is die parlement besig met ʼn ondersoek na die ontstaan van die brand en die omvang van die skade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Barend ·

Kyk maar hoeveel historiese geboue het saam met die pandemie begin afbrand. Ek raai al lankal.

Willem ·

Daar mos kouefront in Kaap. So kyk maar verwarmers is aan en lugversorging is op die warmste wat dit kan wees.

MakersMark ·

Presies een druppel reën en dis truie en jasse en als wat kan verwarm word op maks. gestel.

MakersMark ·

Geen brand sal dieselfde hoeveelheid skade aanrig as wat die mense wat in die parlement werk die afgelope 27 jaar al aangerig het nie.

Alet ·

Dis nie juis of die enigsins die dienslewering van die regering gaan beinvloed nie.

Wat op dees Aarde ·

Begin by die ANC Top 6 wat so met Zuma vergader sowel as die ANC Lite aka EFF.

Michal ·

Die ou manier om van inligting ontslae te raak wat dalk geraamtes uit die kas kan laat val. Dit laat my dink aan 9/11 se gebou nommer 7, wat baie belangrike inligting gehuisves het.

Jakes ·

Ja die kamers wat beskadig is was seker lanklaas in gebruik want hoeveel LPs kom werk wanneer hulle veronderstel is om te werk? Of word apartheid nou weer blameer daarvoor?

Hennie J ·

Beslis apartheid se skuld! Die dokumente wat gebrand het was dan wit!

Elize ·

Hulle wil alles afbrand wat in die verlede gebou is al is daar nie geld om dit te vervang nie. Die nuwe SA vol gebrande ruines en rommel oral.

Sarel ·

Ondersoek op ondersoek.is ook alwat gexoen word.
Sien geen resultate of arrestasies nie. Net meer brande nou al in die Parlement. Wat het van die blusserstelsel geword

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.