Brand by RDM krap ou wonde weer oop

Rheinmetall Denel Munition se aanleg in Somerset-Wes. (Argieffoto: Phando Jikelo/ANA)

Rheinmetall Denel Munition (RDM) sê die veiligheid van sy werkers en die omliggende omgewing bly sy grootste prioriteit en alle stelsels, geboue, prosedures en vaardigheidsvlakke word voortdurend nagegaan, nie net deur die maatskappy nie, maar ook in oorleg met die departement van indiensneming en arbeid.

ʼn Brand het Sondagaand laat in ʼn magasyn by die aanleg naby Somerset-Wes uitgebreek. Niemand is in die jongste voorval beseer nie, maar dit het pynlike herinneringe opgeroep vir die familie van agt werkers wat in 2018 in ʼn ontploffing by dieselfde aanleg dood is.

Die ondersoek na dié voorval is boonop steeds nie afgehandel nie.

Jan-Patrick Helmsen, uitvoerende hoof van RDM, het Dinsdag gesê die maatskappy is deeglik bewus van die pynlike herinneringe wat Sondag se gebeure vir die families van die September 2018-tragedie oproep. “Ons het gratis beradingsdienste beskikbaar gestel vir daardie gesinne en enige RDM-personeel wat dit benodig.”

Helmsen sê die polisie was Maandag op die toneel by die aanleg, terwyl die departement van indiensneming en arbeid vandag die perseel besoek het. Die N86-magasyngebou bly gesluit terwyl die owerhede hul ondersoek voortsit. RDM sal daarna toegang tot die gebied kry as deel van sy eie ondersoek.

“Hoewel ons nie weet wat die oorsaak was van wat Sondag gebeur het nie, het ons in ooreenstemming met ons voorvalprotokolle proaktief ʼn hersiening van alle veiligheidsprosesse van stapel gestuur.

“Waarvan ons wel seker is, is dat ons voortgaan om aan die strengste Suid-Afrikaanse veiligheidsmaatreëls en internasionale standaarde te voldoen, gegrond op dié in Europa en die VSA.”

Helmsen sê in sommige gevalle oortref RDM selfs die veiligheidstandaarde en rekords van die meeste lande in die Asiese streek. Vir ʼn maatskappy van sy grootte en kompleksheid vaar RDM die afgelope paar jaar selfs beter as die internasionale norm.

Benewens die voorgeskrewe sertifisering wat die maatskappy het, het RDM ook verskeie onafhanklike ISO-sertifiserings en voldoen hy ook aan die streng veiligheidstandaarde van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid.

“Ons word gereeld geoudit en getoets deur derde partye, waaronder die departement van arbeid en die departement van omgewingsake,” sê Helmsen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pieter ·

Presies wat ek ook gedink het. As die standaarde dan wel so hoog is, kan hulle maar kyk na sabotasie

Karlahari ·

Nie n te wilde aanname nie.
Goeie moontlikheid as jy na voorvalle in Durban en Richardsbaai hawens kyk.

christo ·

Johann, daar word al hoe meer agter die Bheki Cele gordyn gefluister van die sabotasie deur die ‘afvalliges’ van die regerende party se ontbinde gewapende vleuel en /of die ekonomiese verontregtes gepleeg word.
Die ANC is goed met die ‘ blame game ‘ en vingers na ander wys, om hulle onvermoë weg te steek.
Alles maar net ongegronde bewerings, soos ‘n fiksie verhaal.

Shakespeare ·

Brandstigting hier branstigting oralwaar. Afrika se manier om uiterste armoede vir ALMAL te bewekstellig. Dis hoe dit werk in Afrika !!

Dup ·

Sekere mense kan niks opbou nie….maar…hulle het die gawe om alles af te breek en te verwoes.Hopelik was hierdie nie so ñ geval nie.

Pablo ·

Die saak sal nooit opgelos word nie. Ou ammunisie is baie gevaarlik.

Deon ·

Daar word so gespog oor hoe veilig die plek is en aan al die plaaslike en internationale standaarde wat voldoen word en dies meer, nou wonder ek hoe dit op ander plekke gaan wat soortgelyke bedrywighede het?

casper ·

Dit was by vere die swakste kopie wat hulle ooit wereldwyd gedoen het !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.