Brand by Sandton-skool

skool 2ʼn Brand het Woensdag by ʼn skool in Sandton in Johannesburg uitgebreek.

“Die brand het in ʼn stoor van ʼn skool in Corlettrylaan begin,” het Russell Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “ʼn Onderwyser het rook geruik en die leerlinge veilig ontruim.”

Meiring sê niemand is beseer nie. “Brandbestryders kon die brand blus voordat dit buite beheer geraak het,” het hy gesê.

Die brand het moontlik in ʼn droogoond uitgebreek wat gebruik word om voorwerpe mee te verhard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.