Brand by Sasol-aanleg

sasol

Sasol se aanleg in Secunda.

ʼn Brand het Dinsdagaand by ʼn Sasol-aanleg in Secunda, Mpumalanga, uitgebreek.

Elton Fortuin, ʼn woordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die brand het omstreeks 22:00 by die Sasol Synthol-aanleg uitgebreek.

“Die brand is beperk tot ʼn relatiewe klein gedeelte van die aanleg,” het hy gesê. “Noodprotokol is onmiddellik in werking gestel en alle personeel is uit die gebied ontruim. Daar was geen sterftes of ernstige beserings nie.”

Volgens Fortuin is nagenoeg 23 werkers by ʼn plaaslike mediese sentrum hoofsaaklik vir rookinaseming behandel. Niemand is in die hospitaal opgeneem nie.

“Die oorsaak van die brand is nog onbekend en word ondersoek. Sasol sal sy volle samewerking aan die nodige owerhede gee in die verband,” het hy bygevoeg.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.