Brand by Swartkop-lugmagbasis ondersoek

‘n Loods het by die Swartkop-lugmagbasis afgebrand. Foto: Verskaf

ʼn Loods het Saterdagoggend by die Swartkop-lugmagbasis in Centurion afgebrand.

Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het die brand omstreeks 05:00 uitgebreek. Die loods wat vir algemene doeleindes gebruik word, het geen vliegtuig- of museumartefakte gehuisves nie.

Daar is groot skade aan die loods aangerig en die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Niemand is tydens die voorval beseer nie. Die brandweerdienste van die lugmagbasis en die Tshwane-brandweer kon die brand blus voor daar enige skade aan voertuie en toerusting in die onmiddellike omgewing aangerig kon word.

‘n Loods het by die Swartkop-lugmagbasis afgebrand. Foto: Verskaf

Die SANW sal saam met die Tshwane-brandweer werk om onmiddellik ʼn ondersoek na die oorsaak en omvang van die brand te begin.

Die meeste loodse by die lugmagbasis is as erfenisstrukture geklassifiseer aangesien Swartkop die eerste gevestigde lugmagbasis in Suid-Afrika was. Die basis en loodse is van die vroeë 1920’s af gebou.

Volgens die SANW is die vernietiging van die loods ʼn terugslag vir die lugmag. “Die hoof van die lugmag, lt.genl. Zimpande Msimang, het sedert 2012 ʼn program van stapel gestuur om die lugmag se geskiedenis te bewaar en te bevorder,” het die SANW in ʼn verklaring gesê.

‘n Loods het by die Swartkop-lugmagbasis afgebrand. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johanna Botha ·

Dit OOK nog …die plek is reeds op sy laaaste bene !

Greg Menego ·

Really heart sore to see this. I am an reenactor that used participate at the air shows but recently been shunned and the officials dont take the participants seriously. Public is the real losers.

Greg Menego ·

Really heart sore to see this. I am an reenactor that used participate at the air shows but recently been shunned and the officials dont take the participants seriously. Public is the real losers.

Henk Hefer ·

Rugby loop die risiko om as nasionale sport onttroon te word. Brandstigting is vinnig besig om die gewildheidsleer te klim en gaan aanstons die kroon dra.

john langenhoven ·

Ek was daar gestasieneer in 1986,eerste wat ek van so iets hoor.Iewers u slang in die gras?

George in Bloem ·

Suid Afrika moet seker nommer een op die ranglys wees vir lande met die hoogste voorkoms van gevalle van”spontane ontbranding”?

Gert van Wierdapark ·

Ons brand om te weet wat die oor-saak was/is!!

skurweberg ·

Sal ook wil weet, veral die ouens wat voor 94 vir maande daar waggestaan het.

Johan ·

Ek is opsoek na investors! Ons sal moet begin om lighters en vuurhoutjies in te voer!? Stadig maar seker om uit stock te hardloop!! Nuwe nasionale sport Brandstigting!!

Jason ·

Seker nalatigheid ma ons wit mense gebruik swart ouens as BEE partners dan melk ons die staat en kla die hartste oor korrupte tenders wat wou?

skurweberg ·

Kan julle waarborg dat die wagte geslaap het of dat daar geen wagte was om alarm te maak nie. Dink terug aan die ou dae voor 94 toe ons waggestaan het by elke sleutelplek in die weermag.

Antie ·

Dit is nie meer die Weermsg wat ons geken het nie, ry ‘n slag deur Voortrekkerhoogte en kyk hoe lyk dit daar! Het in Weermag groot geword en gewerk.

Eduard ·

skurweberg In die geval was daar wel wagte wat op hulle pos was.

A ·

Dis darem maar baie toeval hoe alles ewe skielik vanself aan die brand raak in die land. Ook net goed wat vroeer met witmense verbind was.

John ·

… slaapplek en braaiplek. Alles wat nie aandag kry nie is nou erfenisstrukture…

Co ·

Ek ken die daai loodse nie maar is die goed dan nie van yster gemaak nie? Hoe brand yster!

Hettie ·

Die nuwe nasionale sport in SA
Brand af !
Alles wat voir jou kom huise ,skole en voertuie ,enige iets solank dit nie aan jou behoort nie !
Maar die land onregeerbaar !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.