Brand by TUT-eksamensentrum

Brand by Tshwane Universiteit van Tegnologie se Soshanguve-kampus (November 2015) Foto: @dash_derrick, Twitter

Brand by Tshwane Universiteit van Tegnologie se Soshanguve-kampus (November 2015) Foto: @dash_derrick, Twitter

Studente aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie het glo drie sale en twee veiligheidsmotors op die Soshanguve-kampus aan die brand gesteek.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens in ʼn verklaring gesê.

Die universiteit het vroeër vandeesmaand ʼn interdik van die hooggeregshof bekom teen #FeesMustFall-betogers om geweld en intimidasie op sy kampusse te verhoed. Voortslepende betogings is egter die afgelope week aangemeld en die Soshanguve-kampus is Woensdag gesluit.

Dit is nog nie duidelik of die eksamen môre, soos geskeduleer, sal hervat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gerhardt ·

Dit raak darem nou te erg. Los die plek dat hy afgebrand bly.

GES ·

“Proudly South-Africa!!!” So as u opsoek is na ‘n universiteit oorweeg Akademia en ‘n universiteit van tegnologie oorweeg Centurion Akademie. Die skrif is aan die muur, ons voorland is privaat instansies.

joe ·

Moenie die geboue restoureer nie. Los dit net so. Laat hulle maar afbrand tot alles weg is. Ek sal my kinders oor die internet laat studeer.

sannie ·

Ek stem moenie weer opbou nie. Sodra iemand iets verniet kry word dit nie gewaardeer nie. Buitendien weet hulle brand af, vernietig dit word net weer vervang

GES ·

Die spreekwoord sê dat ‘n mens eers iets regtig waardeer as jy dit verloor het. Wie weet? Dit is miskien maar die roete om te volg.

Rietrot ·

Dit is hoe ongelykheid seker werk. Om te vernietig en nogmaals te vernietig vir hul kinders se kinders se toekoms.

Piet Pompies ·

Ek het gedurende my weermag kampe diens gedoen in Shoshanguwe en toe is die skole en staats instansies se geboue ook afgebrand, dit was in 1990, dieselfde gebeur nou…..
Daar is fout met die mensdom…….baie groot fout

willie ·

Siek,verstandelik siek,onnosel,geen verstand,kan dit waar wees,n
persoon met matriek vrystelling so dom op tree,kom ons beweeg aan laat jou kinders oor die pos studeer. kom lektor begin afstand onderrig,laat hul maar afbrand ,want dit is die mens waardes wat ons te doen mee het.Soos hulle skree op ander ,hulle het geen respek vir hulle ouers nie.

Belinda ·

Dit was so lekker vir die studente om als te beskadig. Ek sal se laat dit dan vir hul ook lekker wees om geld self in te samel om als te herstel as hul nog wil studeer. Universiteit moenie betaal om te restureer nie. So sal die studente die universiteit dalk meer waardeer waar hul geleerheid kan kry vir hul toekoms.

Rietrot ·

Die internet is daar. Gebruik dit. Atlete en mense in sport gebruik dit alreeds.

Pieter Redelinghuys ·

Moenie weer die plek regmaak nie los dit so dan hulle sien en kom klaar maar elke slag word hulle gehelp. Dat hulle afbreek en self sien waar gaan die geld vandaan kom en stop al die eksamens.

Ben ·

Los die bouvalle net so, neem fotos daarvan en stuur dit die wêreld in sodat die wat SA geboelie het in die ou dae oor “Apartheid” se afskaf kan sien wat toe gebeur het en wat die resultaat is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.