Brand by Wits-biblioteek, boeke beskadig

Minstens 100 boeke is beskadig toe 'n brand op 19 Oktober 2016 by die biblioteek van die Universiteit van die Witwatersrand gestig is Foto: African News Agency

Minstens 100 boeke is beskadig toe ‘n brand op 19 Oktober 2016 by die biblioteek van die Universiteit van die Witwatersrand gestig is Foto: African News Agency

ʼn Deel van die biblioteek by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) is aan die brand gesteek, het die instansie Donderdag gesê.

“Die brand is Woensdagmiddag gestig in die laaste gang van die tweede verdieping van die Wartenweiler-biblioteek. Minstens 100 boeke is beskadig,” het Shirona Patel, woordvoerder van die universiteit, gesê.

“Veiligheidsbeamptes het bepaal die brand is met ʼn vlambare middel begin, wat moontlik in ʼn sak versteek was wat op die toneel gevind is. Die brand is vinnig geblus en ʼn hoëvlakondersoek is van stapel gestuur deur Wits-sekuriteit en die polisie.”

Die polisie het die biblioteek afgesper.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hendrik ·

ons is lankal gatvol vir hierdie eentonige ‘speletjie’
ons toekoms is donkiekarre, ‘longdrops’ eenoog konigs’ en toy- toy danse. Die wie wil sien hoe n witmens gelyk het sal n dieretuin moet besoek as dit nog sal bestaan
ek is nou baie negatief maar dit is die doel van baie.

John ·

‘n Mens het nie ‘n psigiater van formaat nodig om die brandstigters se psige te ontleed nie. Vra sommer ‘n graad 1-kind hoekom dit gedoen is. Vra die kind ook sommer hoekom die bestuur van die universiteit nie die biblioteek van ordentlike sekuriteit voorsien het siende dat sulke voorvalle orals gereeld voorkom nie. Jy sal ‘n skokkende waarheid hoor.

Lions ·

En dit is nou die mense waarop die toekoms van ons land lê wat sulke strooi aanvang.

Lance ·

Wits is a big mess netso die mense wat daar werk en studeer ..al so gvol vir dit nou !

Emile ·

“Waar hulle boeke verbrand word uiteindelik ook mense verbrand.” Heinrich Heine.

broos ·

sluit wits! maak toe! laat hulle almal dop en laat hulle self kyk waar hulle volgende jaar gaan swot! hulle kan onder ‘n boom gaan sit en hulle verbeel elke blaar is ‘n ander boek! absoluut pateties!!!

Jean ·

Eerstens voel ek NIKS vir WITS nie, julle het hierdie monsters grootgemaak, JULLE het al die jare toegelaat dat die studente net sê en doen wat hulle wil, nou loop julle kampus op hierdie stadium die ERGSTE deur, selfs die (liberale) dosente kry ‘n klap of twee of word weggejaag uit vergaderings uit. NEEWAT as ‘n “kind” sonder dissipline grootgeword het is dit die VOLWASSENE wat hy eendag gaan wees, so kry maar vir julle ook.

LeonR ·

Jean amen.

Ek wou destyds, vroeg tagtigs astronomie gaan studeer, daar was slegs twee universiteite wat dit aangebied het. wits en Kovsies, by Kovsies kon jy egter net ‘n NAGRAADSE kursus volg. Die eerste B Graad was by wits(ja klein letters). My Pa het gesê as ek soontoe gaan kan ek maar my studies betaal deur in ‘n kafee te gaan werk.
Met tyd en insig is ek vandag bly dat ek NIE met daardie instelling geassosieer word nie, ander rigting gevolg en ja, bly daaroor maar die sterre is steeds my liefde.

Ek die die PUK se Potch kampus waar ek studeer het is tans die enigste instelling wat met al hierdie akkies funksioneer?

Johanna Botha ·

Pieppiep Habib …dit kom nou van op vloere gaan sit en boetie boetie wil wees met die studente …hulle het alle respek verloor vir enige gesag by wits en dit maak wits n groot grap …en die wereld sien wat daar gebeur …so n wits graad gaan niks beteken in die wereld se oe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.