‘Brand e-tolrekeninge’, sê Cosatu

Argieffoto

Argieffoto

Cosatu sê motoriste in Gauteng moet voortgaan om die provinsie se hoofweë te gebruik sonder om hul e-tolrekeninge te betaal.

“Ons doen ‘n beroep op mense om voort te gaan om die stelsel uit te daag en diegene wat rekeninge gekry het moet dit brand,” het Dumisani Dakile, provinsiale sekretaris van Cosatu, gesê.

“Ons sal binnekort ‘n groot seremonie reël waar lede van die publiek hul e-tolrekeninge voor Sanral se kantore kan kom brand as deel van ons versetveldtog.”

David Makhura, premier van Gauteng, het onlangs ‘n paneel op die been gebring om die impak van die stelsel op die provinsie te ondersoek. Cosatu het die stap verwelkom.

“Ons dink dat hierdie poging om ‘n oplossing te vind vir die ramp wat deur die departement van vervoer en Sanral geskep is, die nodige ruimte gegun moet word.”

Dakile sê Cosatu verwerp pogings deur Sanral en die Nasionale Vervolgingsgesag om mense wat nie hul e-tolrekeninge betaal nie, te vervolg.

Sanral het vroeër aangekondig dat hy gehoor gee aan Dipuo Peters, minister van vervoer, se versoek dat die vervolging van motoriste wat nie e-tolrekeninge betaal nie, vir eers gestaak word.

Lees ook:
E-tol-vervolging vir eers gestaak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ansie ·

Ekt 3 keer op die tolpad gery en ‘n rekening gekry van R541-00. En dit is vir 1 keer Johannesburg toe en 1 keer Bloemfontein toe. Hoe is dit moonlik?

Van ·

Ja Ansie dis heelemal moontlik. Ek kry rekening vir ‘n 3km stukkie pad wat elke keer R20 klok. heen en weer is R40 vir 6km.. ons het lankal met ons belasting geld betaal vir die paaie waarop ons ry. hulle kan maar rekeninge stuur, ek sal betaal die dag as ek in ‘n hof staan vir dit. Dalk moet ons al ons etol gelde aan OUTA betaal om ons te verdedig.

Paplepel ·

@Van, Jy het hier ‘n ding beet wat nie ‘n slegte idee is nie. Maak soos by van die patetiese munisipaliteite. Betaal jou geld in by iemand wat iets daarmee doen en nie net in sy sak steek nie. Wat sê die ander lesers?

Peter Says ·

Lugkastele bou, dit werk soms, hierdie kasteel was egter op sand gebou en is besig om te tuimel…leeeekerrrr !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.