ʼn Vrou is Vrydag in die vroeë oggendure ernstig beseer en vier kinders het verkool nadat die plakkershuis waarin hulle geslaap het, aan die brand gesteek is.
Al vier kinders, onderskeidelik vyf, sewe en twee negejariges, het in die huis in Thaba ‘Nchu in die Vrystaat verkool. Die ma kon uit die brand ontsnap, en het hulp gaan soek. Sy het ernstige beserings opgedoen en is na Moroka-hospitaal geneem, het kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, gesê.
Twee van die kinders is die vrou se biologiese kinders, en twee van die kinders het vir die aand by haar gebly, aangesien hul pa by die werk was en hul ma in die hospitaal, besig om te kraam.
“Die bure het wakker geword van die brand en het die polisie ontbied,” het Mbambo verduidelik. “ʼn Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat paraffien gebruik is om die huis aan die brand te steek. Die polisie is tans op soek na die slagoffer se kêrel wat hulle vermoedelik kan bystaan om die saak op te los.”
Die polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting.
Maroela, in die eerste sin sê julle ‘n vrou en vier kinders het verkool; dan berig julle dat die vrou uit die brand kon ontsnap, gaan hulp soek het en in die hospitaal opgeneem is. Sy kon mos nie verkool én ontsnap het nie? Stel asseblief julle beriggewing reg.
Dit is bitter hartseer. Mag die vrou van haar wonde herstel. My hart gaan uit na haar en die mamma en pappa wie die vreugde van ‘n nuwe lewetjie moes vier, en nou hierdie groot verlies moet verwerk. Mag ons Vader hulle vertroos in hierdie hartseer tyd.
Dagsê ***
Ons vra om verskoning vir die fout. Die berig is gewysig.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Siestog…. arme mensies….. wat sal tog van hulle wod
WREED NE !!
Sjoe daars wrede mense op die aarde. R.I.P little ones. Hoop die vrou herstel.