Brand in Jhb ‘apartheid se skuld’

Polisiebeamptes met snuffelhonde het Vrydag verder deur die puin van die gebou na oorskot gesoek. (Foto: Luca Sola/AFP)

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, sê apartheid moet die skuld kry vir die brand by ʼn Johannesburgse gebou wat die lewe van minstens 74 mense – onder hulle minstens sewe kinders – geëis het.

“Of ons nou daarvan hou of nie, dit is die gevolg van apartheid wat mense onder hierdie omstandighede uitmekaar gehou het en daar word van ons verwag om dit binne 30 jaar te verander.

“Maar waar ons verantwoordelikheid moet aanvaar, moet ons dit doen,” het die minister tydens ʼn besoek aan die toneel gesê.

Opruimingswerk by die gebou in Marshalltown duur voort, met snuffelhonde wat Vrydag ingespan is om na die oorskot van nog slagoffers te soek. Die brand het Donderdag in die vyfverdiepinggebou uitgebreek.

Die owerhede het familielede gevra om na ʼn lykshuis in Soweto te gaan om hul geliefdes te gaan identifiseer, terwyl die soektog by die gebou voortduur.

Polisiebeamptes met snuffelhonde het Vrydag verder deur die puin van die gebou na oorskot gesoek. (Foto: Luca Sola/AFP)

Die brand het ook opnuut ʼn debat oor sogenaamde gekaapte geboue heropen: ou, ongebruikte geboue wat onder die beheer van misdaadsindikate is wat huur van brandarm plakkers eis.

Pres. Cyril Ramaphosa het die perseel Donderdagaand besoek en gesê die brand is ʼn “wekroep” om die probleem met stedelike behuising te begin pak.

“Dit is ʼn groot tragedie met baie gesinne wie se geliefdes op hierdie verskriklike manier omgekom het,” het Ramaphosa tydens die besoek gesê.

Die gebou behoort aan die Johannesburgse metro en word as ʼn erfenisterrein aangedui, berig AFP. Stadsowerhede het gesê die gebou is gebruik as ʼn skuiling vir mishandelde vroue, maar is ʼn paar jaar gelede “oorgeneem en gekaap”. Die polisie het in 2019 daarop toegeslaan en 140 buitelanders in hegtenis geneem. Sedertdien het weinig verander.

Floyd Brink, Johannesburgse stadsbestuurder, het Donderdag gesê die polisie het ná afloop van die klopjag ʼn saak aanhangig gemaak, maar dit is onduidelik wat daarvan geword het. Sowat 200 families woon vermoedelik in die gebou en na raming is sowat 80 hutte binne-in staangemaak.

Die onwettige besetting van verlate geboue in die Johannesburgse middestad is nie ʼn vreemde verskynsel nie. Nadat talle ondernemings die middestad vir veiliger gebiede verlaat het, is groot geboue dikwels eenvoudig leeg laat staan.

“Bendes wat die ruimte verhuur, beheer baie van hierdie verlate geboue,” sê die DA se Mervyn Cirota. “Dit lei tot oorbevolking; daar is geen toiletgeriewe nie, geen krag en geen water nie.”

Volgens Cirota was die brand ʼn “katastrofe wat gewag het om te gebeur”.

“Maatreëls moet dringend ingestel word om te verseker ons het nie nog so ʼn ramp nie.”

Die owerhede het mense gevra om hul geliefdes by ‘n staatslykshuis in Soweto te gaan uitken. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, sal die Helen Joseph-hospitaal, waar baie van die oorlewendes behandel word, Vrydagmiddag besoek. Die minister sal vergesel word van verskeie senior amptenare van die nasionale en provinsiale departement van gesondheid.

Die LUR vir gesondheid in Gauteng, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het Vrydag aan ʼn gebedsessie by die gebou deelgeneem. “Ons is hier vir die gebedsbyeenkoms om die families te wys dat ons saam met hulle staan.

“Hul pyn is ons pyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

101 Kommentare

TrueMan ·

Jare gelede het Erasure n briljante treffer gehad. Piano song. Dit het begn met die woorde “Never get angry at stupid people”

Piet Snot ·

Apartheid was 40 jaar. Lindiwe het reeds 30 jaar gehad. Jammer, ek koop nie haar storie nie.

Hennie ·

Sy is reg dit was apartheid se skuld
Indien ek my nie misgis nie is die adres Albert Straat 80.

Dit was die kantore in die 70 jare waar die swartes hulle werks permitte of stempels gekry het om in JHB te werk. Dus ‘n apartheid kantoor, so dan moet apartheid die skuld kry.

Rooikopheks ·

Net as jy weet wanneer om te lag, sekeres kan net nonsens praat. Maar vir my is dit nogal ń grap so po lente dag.

Elma ·

Hoe stik onnosel is die vrou net nie. En nou gaan die lot natuurlik weer by die minderheidsgroep vra vir kos en klere en kos en komberse. Ons skuld julle mos.

Euodia ·

Ek dink die arme Jan van Riebeeck het al ‘n paar maal in sy graf omgedraai. Hoop maar hy lê op sy dowe oor!!!

SwartBees ·

Korrek, dis daai tipiese Afrika-bakhand-bedel wat nooit uit hul sisteem sal gaan nie. Dis in hul DNA om heeltyd te bedel en freebies te verwag.

Bolandse Nooi ·

Ja want dis al wanneer ons blankes goed is. Wanneer ons moet gee, want ons “het” mos. Daarom “gee” ek niks meer nie, vir niemand nie. Want niemand gee vir my as ek iets nodig het nie,

Koen ·

En daar gaan weer diegene wees wat gaan gee. Want dis mos die christelike ding om te doen. Ek gee niks meer nie. Nie vir bedelaars, kerk of enige iemand buiten my onmiddelike gesin nie.

JohanR ·

En die wind waai by een oor in, en by die ander oor uit sonder om ietsie tussen in te te kom!

Nie Verbaas ·

Ek wonder partykeer of die mensies n ietsie vat voordat hulle monde oopgaan.

Nonnie ·

WAT ‘N ABSOLUTE BELAGLIKE AANTYGING…..WYS JOU NOU HET WEER, HULLE IS 30 JAAR REEDS IN BEHEER EN DAN WORD DIE BLANKES NOG STEEDS BLAMEER VIR DIE ANC SE SOTLIKE OPTREDES…..

Lily ·

Jy’s ‘n brood. Regtig. Jy en jou maatjie Fikile vat die koek met julle dom uitlatings. Dit MOET iemand se skuld wees behalwe die treurige regering né. The story of your lives.

Andries ·

Sy was seker vooraf by n geleentheid waar daar strooi/bruin kleur vloeistof vir haar ingegee was… Dalk moet mense soos sy daaraan begin dat dit Apartheid se skuld is dat di ANC als so opfoeter

Chris ·

Dit raak nou al afgesaagd. Dit is soos ‘n langspeel plaat wat vasgehak het. Dieselfde aanhoudende oor en oor holrug geryde deuntjie. Ek is nagte wakker oor die nie toerekeningsvatbare stommerike wat aan bewind is en wat oor ons heers. Maar jy redeneer nie met ‘n dwaas of arme van gees nie, Wanneer daar iemand verby stap sien hy twee dwase.

Dries ·

Nou moet die vrou vir sê,daar in Indië,Bangladesh,Nigerië,Mosambiek,is dit ook apartheid se skuld?Nee my antie.Dis “our people” se way daai.

Piet parys ·

Sê die een wat onbevoeg is om te gesorg het dat die drinkwater en riviere skoon is van riool. Los jou vriend Johnny walker want hy laat jou deur jou nek praat OFwas dit n kar ongeluk .

cobus ·

In 30 jaar moet hulle dit opbou. Hulle het goed gedoen om alle goeie dinge in 30 jaar te verwoes. Apartheid se skuld??

Frikkels ·

Die vrou is heeltemal sertifiseerbaar! Waarvoor gaan apartheid nog die skuld kry?

Pietie ·

Nou…. my liewe land… hoe op deesaarde kom sy daarby uit. Is als dan nou appartheid se skuld.

annie ·

Die ANC moet dringend die grense oopgooi vir wie wil inkom. Ons sit met miljoene migrante en die swart bevolking raak opstandig. En raai wie kry weer die skuld? Wees nice en gee jul hart vir Hillbrow en jul poste aan uitlanders.

Frank ·

Nou nie meer lagwekkend nie. Dit raak nou tragies dat sulkes in beheer van ons land staan. Sy’t seker Jan van Riebeeck se naam net vergeet

Dirk ·

Ag die liewe agbare??? dame het net die toppunt van haar IK gedemostreer. Die arme apartheids donkie is al jare gelede vrek gery maar nog wil elkeen met ń IK benede Sutherland se winter temperature daarop ry.

Jakes ·

Die tannie irriteer my ten gronde. Hoe sy n minister genoem kan word slaan my dronk. Wanneer die ANC volgende Jaar di verkiesing gaan verloor sal dit ook apartheid se skuld wees.

Bolandse Nooi ·

Nee, dis Maria de Quellerie se skuld, want sy het vir Eva (Krotoa) verkneg.

miche ·

Nee man, dis Eva van die Paradys se skuld en nou gaan daai slang ons verewig aan die hakskeen byt.

Schalk ·

Julle sal maar verantwoordelikheid moet aanvaar vir die een. Was dit nie julle eerste verkose president wat vuis in die lug vir almal huise en wie weet wat nog belowe het nie? Ek wonder soms, indien die “baas” van apartheid nie voet hier aan wal gesit het nie, wat sou daar gewees het om te vernietig? Nee wat, julle vat oor so ver julle gaan, daai gebou was waarskynlik nooit instand gehou nie, hoekom sou die eienaar dit wou doen? Julle plak dan onwettig. Die eienaars van daai gebou kry heel waarskynlik ook geen inkomste nie, onwettige krag koppelings, apartheid is n gerieflike verskoning om julle onvermoë te demonstreer.

Ian ·

Onse liewe minister is so dom soos grond. Soos ons uit haar kommentaar kan aflei.

Elize ·

Kan iemand dalk vir haar verduidelik onwettige immigrante het niks met apartheid te doen nie

Leon ·

Het vir Jan Van Riebeek gese hy moet die vuurhoutjies by die huis los

Keelvol ·

Hoe dan anderste.? Hoe kan ons van die anc verwag om verantwoordelikhede te vat?

Watsenaam ·

Liewe hemel, en dit uit die smoel van n sogenaamde minister. Ek stem saam met Elma. Ek wonder wie gaan haar glo. Hierdie was van voor onse Jan se tyd af nie woonstelle nie maar kantore wat deur die miere beset is.
Dom Klot.

Sonblom ·

Belaglik! En as die man van die maan af val, is dit ook apartheid se skuld nê. Dis ANC se bewind!

Republikein in die Wes Kaap ·

In die 1970s sou John Vorster daai plek platgesloop het.

Karoo ·

Jy weet…. dalk is dit reg so, ons voorsaate moes ‘n beter “job” gedoen het!!!!

Bolandse Nooi ·

Miskien moes ons voorsate ‘n “beter job” gedoen het deur die …e… onvrywillige sterilisasies onder ‘n sekere groep mense wat in sekere hospitale gedoen is daardie tyd, bietjie beter en verder uitgebrei het.

miche ·

Ek voel presies ook soos jy Elma, jy het dit net baie meer subtiel gestel.

marius ·

Hulle het ‘n goeie skip volgelaai verniet gekry. Hulle moes hom net stuur maar toe vaar hulle reguit rotse toe en plunder die vrag . Dis hulle skuld!

Waarnemer ·

Nou toe nou neh!!Apartheid se skuld!!!Wat van jy beskuldig jou president en sy kaders wie in paleise bly met gdld wat woonhuise vir baie armes kon bou.Lindi jy leef in n droomwereld.

Aai ·

Ek het lanklaas so lekker gelag toe ek video sien het sy vergeet van oom Jan?

miche ·

Ek het simpatie met die vreeslike tragedie en lewensverlies. Maar is die Regering konsekwent in sy hulp wat betref blyplekke wat afbrand? Dit blyk my ‘n sekere groep word voorsien van kos, blyplek, klere, komberse, sosiale werkers en wat nog. Wat van die res?

Kokerboom ·

Narre soos sy laat ons heerlik lag voor ‘n naweek! Idiote soos die besef nie hul is idiote/narre!

Elsje ·

Wat praat die mens, wie het die buitelanders laat inkom? Sonder papiere, sonder werk. In Apartheid is die grense bewaak deur jong mans, die weermag. Hier is nie werk nie, die land word verwoes en vernietig. Laat daar nog meer inkom wat geen inkomste bring nie. Gee dan apartheid die skuld.

Christelle ·

30 jaar gelede was hierdie een van die beste buurte in Johannesburg…. Dit was na die apartheidsera wat die plek so verval het…

H.A. ·

Soos hulle aangaan sal mens sweer daar is 50 000 dood. Almal moet die skuld kry behalwe anc. 30 jaar lank het hulle die land verwoes, plaas dit eerder op die blankes. Sy’s die minister van ñ ramp wat wag om te gebeur.

Johanncb ·

Sommige Ministers het nét een woord in hulle woordeskat! Raai gerus watter een!

Jacobus ·

Kyk om jou me Zulu. Sien die 30 jaar se ANC verwoesting, dan gaan kruip jy weer onder jou klip in. Wag ook vir die demografie van die slagoffers – dit gaan ‘n storie vertel.

Brombeer80 ·

En na 30 jaar na apartheid kon hulle nie eens n.slaggat in n pad ordentlik regmaak nie. Die onnoselheid gaan my verstand te bowe. Jammer vir die mense wat omgekom het en beseer was in die insident, maar dis nie te blame aan apartheid nie, maar die dorp en staat se onvermoë om raad te hê om roetine inspeksie te hou op ou geboue en infrastruktuur.

Nettie ·

Ek dink ons moet ‘n boek uitbring met als waarvoor Apartheid (en Jan!) al die skuld gekry het.

Miskien kan ons ook ‘n kompetisie hou om te kyk wie kan met die beste nuwe een opkom? Bogenoemde is maar ‘n patetiese voorbeeld, Mev Zulu. Probeer gerus maar weer!

Francois ·

Ek kan vir haar iets se maar sal geban word. Dankie Jan van Riebeek. Julle moes meer gedoen het om hulle uit te hou

Nie Verbaas ·

Nee man, laat nog meer mense van buurlande toe om in ons misdaadparadys te kom bly. Die gebou is “gekaap”. Waar is en was ons parate polisiemag? By KFC? Blameer Cele en jou onbevoegde en onbeholpe ANC.

bolletjie blom ·

Me Sisulu jy praat deur jou nek en jy weet dit. Hoe kan apartheid nou geblameer word? Net soos jy ook gesê het daar is nie iets soos plaasmoorde nie

Hendrik ·

Hoe dom onnosel ideoties ook al, sy weet daar sal n massa wees wat dit glo. Hul probeer selfs met hd breinlose twak vir hul stemme wen.

Andre ·

Apartheid het 40jaar bestaan en julle onnosel lot kon niks in 30jaar regkry nie. Shame, amper kry ek julle jammer.

Stephen ·

Minister, the only reason you have a head, is to keep your ears apart! The stupidity amazes me. If one would connect her brain to an IQ measuring device, Eskom will be obliterated!

Johann ·

Die onwettige plakkers hier in Fonteinweg, by die stasie Lyttelton Manor, se krotte het nou al vanjaar twee keer aan die brand geslaan. Moet daar ook eers mense dood brand voordat dir Stadsraad hulle beloftes nakom en hullr beter behuising gee?

Heila Isabella ·

Liewe aarde sy flippen het nie n idee wat sy se nie so dom soos haar voorgangers sy moet bietjie beter navorsing doen stupid verby

Marthinus Johannes ·

Alles was in werkende toestand en van beste toestand toe julle oorgevat het. In plaas van om die nodige inspeksies en onderhoud en toe te pas ( WAT GELD KOS) ) het dit gevaar vir die gewin en alles last vergaan. Na 30 jaar word appartheid die skuld gegee en na nog 30 jaar gaan julle dit nog steeds sê. Te sleg om te reken dat hulle opgeslip het.

Henry ·

Jan draai in sy graf shame. na 30jaar het ons land gesink.
die Rand was een dollar veertig vir n rand. vir 1 pond het jy R2.oo betaal
nou 19 rand vir een dollar
23 rand vir 1pond
die arme apartheid shame

Dup ·

Hoe kan onnoselheid,skelmheid en luiheid apartheid se skuld wees?
Na 30 jaar het daar bitter min van die “apartheid infrastruktuur” oorgebly.Niks is instand gehou nie en die meeste middestede het in plakkerhole verval.Vuil en uiters gevaarlik.

Sê maar net ·

Waaaat?
Lindiwe Zulu, regtig? Jou kop raas seker erg. Driekwart van die huidige regering ken nie die definisie van die woord “apartheid” nie. Hulle almal het die klok hoor lui, maar weet nie waar die bel hang nie. En almal hol weg met daai woord. .maak my siek!

Swerwer ·

Oeee lekker lag ons nou! Miskien moet die agbare Ministers skoolopleinding ontvang sodat hul die geskiedenis kan leer van ouds en die skille van hul oë kan afval. Red ń land met sulke regerings amptenare

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.