Brand in Langa laat 1 200 dakloos

‘n Brand in Langa, Kaapstad, het 300 wonings verwoes. (Foto: Twitter/ Zahid Badroodien)

ʼn Brand wat Saterdagaand in die Langa- informele nedersetting in Kaapstad uitgebreek het, het omtrent 300 huise verwoes en 1 200 mense dakloos gelaat.

Die brand het net ná 18:00 uitgebreek en volgens die Stad Kaapstad het dit die brandweer amper ses uur geneem om die vuur te blus – omdat lede van die gemeenskap by die proses probeer inmeng en vier van die brandslange afgesny het.

Zahid Badroodien, burgermeesterskomiteelid vir water en sanitasie en waarnemende burgemeester van Kaapstad, het gesê 12 brandweervoertuie en vier watertenks was op die toneel.

“Nietemin is geen sterftes aangemeld nie, iets waarvoor ons ontsaglik dankbaar is, maar van die inwoners het alles wat hulle besit verloor. Die stad doen nou alles in sy vermoë om hierdie mense by te staan,” het Badroodien gesê. Volgens hom het strukture in ʼn gebied van 600 vierkante meter afgebrand.

n Brand in Langa, Kaapstad, het 300 wonings verwoes. (Foto: Twitter/ Zahid Badroodien)

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) en die nie-winsgewende organisasie Gift of the Givers het ook ingespring en slagoffers van kos en toiletware begin voorsien.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Luidens die verklaring was die situasie op die toneel gister steeds gespanne en wetstoepassers het ʼn oog oor die gemeenskap gehou om te verseker geweld breek nie uit nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

annie ·

… en terwyl die branweer probeer blus, sny die inwoners die brandslange agter hulle stukkend? So, wat sê dit? Die brande is doelbews gestig? Is dit hoe mense vooruit kom in die lewe? Gelukkig brand die ID’s ook gereeld vir ‘n ‘nuwe’ boekie.

Elméne ·

Presies – maar dit is mos hoe dit werk hier. BREEK AF terwyl hulle kla en kerm oor dienste nie gelewer, whatever!!! Nee wat, SA onder anc is “lost case”!!

Frank ·

Maak dit maar moeilik om enige simpatie te he met sulke “mense”. Dink seker hulle gaan nou nuwe dubbel verdieping huise van belasting betalers kry

anko ·

Durban gaan mos nuwe huise kry so hulle soek ook dieselfde. Jammer die feit dat hulle brandslange afgesny het, het ek geen simpatie nie. Dit so aspris. Laat ek liewers verder stil bly. Die wie net bedel waardeer niks, gaan werk en betaal vir dit wat jy benodig soos enige ander normale mens doen

domheks ·

eishhhh, nou hoekom wil julle die brand blus! Ons soek die huis, NUWE klere, die oues is nou al vuil jong! Sorg vir die horde kindertjies – ons is mos ‘poorest of the poor’ Geeeee nogggg! Ons wil nie werk nie net le en nog kindertjies maak – vir die grant.

Mieke ·

Ek is regtig jammer vir diegene wat verlies gely het deur hierdie brand …. Maar dan lees ek in News24 dat opposisiepartye nou tydelike verblyf vir die dakloses gegee word… Dus nou weet ons hoekom die brandslange gesny is: – om moeilikheid te maak!!

Di ·

Mense brand seker dit af om nuwes te kry. Was op nuus dat die Regering voorheen hierdie mense gehelp het deur vir hulle materiaal te verskaf om nuwes op te rig. Nou met hierdie brand is hulle ingelig dat dit nie meer die geval is nie. Dit laat mens net wonder of dit nie dalk die rede was dat die brand gestig is nie, nou sit hulle met die gevolge daarvan

Ettienne ·

Georganiseer deur die ANC om die Wes-Kaap se ekonomie onder druk te plaas en die provinsie te destabiliseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.