Brand in Magaliesberg saai verwoesting

Die brande woed al sedert Sondag (Foto: Working on Fire, Twitter)

Brande wat Sondag in die omgewing van die Magaliesberg uitgebreek het, het teen Dinsdag voortgewoed.

Maria Letsholo, woordvoerder van Working on Fire (WoF), sê altesaam 54 brandbestryders van verskeie brandweerspanne reg oor die provinsie is sedertdien in die gebied ontplooi. Dit sluit brandbestryders van Castello, Boskop, Highveld, Pilanesberg en Vaalkop in.

“Grondeienaars, munisipale brandweerdienste en ander belanghebbendes het sedert Sondag onverpoos gespook om die brande in bedwang te bring,” bevestig Letsholo.

“Die Noordwes-sambreelliggaam vir brandbeskerming, die Groter Rustenburg-brandbeskermingsvereniging en die Potchefstroom-brandbeskermingsvereniging het die Working on Fire -spanne versoek om hulle by te staan.”

Die brand het egter aanhou versprei en buite beheer begin geraak weens die hoë brandgevaarindeks.

Die Noordwes-sambreelliggaam vir brandbeskerming moes helikopters ontplooi om die brand vanuit die lug te blus.

Volgens Debbie Snyman, voorsitter van die Groter Rustenburg-brandbeskermingsvereniging, word huise in die omgewing deur die brand bedreig.

Inwoners is gevra om hul huise te ontruim en na ʼn plek van veiligheid te gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JM ·

Darem net te veel brande die afgelope tyd! Hierdie brande is GESTIG!!

Corrie ·

Die berg het reeds al op Donderdag 16 September 2021 gebrand. Die hitte was so erg dat dit op die aantreeblad van die skool daar naby gevoel is.

Di ·

Waar ‘n rokie trek is daar ‘n vuurtjie. Daar moet beslis iemand agter al die brande sit – Daar was nog nooit soveel opeenvolgende brande in hierdie land nie. Daar moet daadwerklik ‘n poging aangewend word om vas te stel of dit brandstigting was en indien wel, die skuldiges opspoor. Begin kyk na die wat dreigemente gelewer het soos die EFF

Kokerboom ·

Iemand is erens besig om die “verskroeide aarde” beleid toe te pas

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.