Brand in Pilanesberg onder beheer

Foto: Marcus Kapp

Brandbestryders kon daarin slaag om die brand wat Saterdag in die Pilanesberg-natuurreservaat in Noordwes uitgebreek het onder beheer te bring.

Johnson Maoka, reservaatbestuurder, het gesê die brand is byna geblus en dat dit net plek-plek nog smeul. Hy het gesê sover hulle kan vasstel is geen mense of diere in die brand beseer nie.

“Ons skat daar is tussen 5 000 en 8 000 ha se plantegroei vernietig. Die bekende Mankwe-voëlskuiling is heeltemal vernietig en daar was skade aan infrastruktuur in een van die kampe.” Die reservaat was Maandag reeds weer oop vir die publiek.

Volgens Maoka het die brand omstreeks 01:00 Saterdagoggend uitgebreek. Hy het gesê hulle vermoed die brand het ontstaan toe ʼn inwoner van ʼn informele nedersetting aangrensend aan die reservaat vullis in sy erf gebrand het.

Maoka het gesê die wind het sterk gewaai en die brand na die reservaat aangeblaas. Hy het gesê benewens die reservaat se eie Working on Fire-brandbestrydingspan het vrywilligers ook ingespring om die brand te help blus.

“Die ondersteuning wat ons ontvang het was wonderlik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

leser ·

01:00 in die nag om gemors in sy erf te brand, die brand was moedswillig

Avra ·

Nou wie brand vullis daardie tyd van die oggend… N Ander storie?

johann ·

goeie middag ,hulle lieg ek het die park besoek sondag toe brand dit nog een strook deur sonder dat n bewaarder of hekwag jou stop en se dit brand verwoed moenie in die park ingaan vat jou geld da gaan jy ,ek is 2 ure later daar uit toe brand als nog ek gaan nie glo dat daar nie skade is een van die kampe waarin toeriste bly het ook afgebrand geen persoon gesien wat probeer om iets te doen vir mens of dier in pilansberg het die park nog gebrand soos saterdag dis brandstigting wonder wat gaan diere eet tot reens kom,baie noue ontkoming gehad .Al wat die vrou by die hek by makajaneng gese het the fire in from the other side ma die hele park is verwoes.di ouens voel vere vir enige mens of dier se veiligheid as n leeu jou vreet se hulle seker ook o his from kruger we dont know about it,veiligheid kom tog eerste die bestuur is verantwoordelik vir dit .

Penellope Jones ·

Genugtig, ek het nou nog nie gehoor dat mens in sterk wind en in die middel van die nag vuur maak om vullis te brand nie . . . . . .
Sou dit nie beter gewerk in daglig nie – dalk sou die wind toe ook al bietjie bedaar het …….

Stefan ·

Ek was 10 dae gelede daar. Ek wil graag die mening hoor van ander lesers, ek het die paaie in n baie swak toestand gevind. Beide die grond- en teerpaie word na my mening glad nie onderhou nie. Enige ander menings?

Wolkie ·

In vergelyking met slaggate op dorpe en ander paaie is dit nie so erg.. jy’s in elk geval veronderstel om dit stadig te vat, onthou dat alles in natuur bewaring en navrosing op donasies staat maak, so alles is nie altyd 100% nie, daar is altyd n tekort vir infrastruktuur, vra enige dieretuin/ reservaat

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.