Brand laat 30 gesinne dakloos

brandweer vuur

Argieffoto.

Minstens 30 gesinne is dakloos gelaat nadat ʼn brand Dinsdag in die noorde van Johannesburg uitgebreek het.

Volgens Robert Mulaudzi, woordvoerder van Johannesburg se nooddienste, het die brand omstreeks 10:00 in die Zandspruit- informele nedersetting uitgebreek.

“Altesaam 30 plakkershutte is verwoes, maar geen beserings is tot dusver aangemeld nie,” het Mulaudzi gesê.

Rampsbestuurspanne is na die omgewing ontbied om die slagoffers by te staan.

Die oorsaak van die brand is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet ·

Met al die kere wat Zandspruit se mense betoog het en Beyers Naude versper het dink ek nie hulle moet te veel simpatie van die publiek verwag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.