Brand lê ANC-kantoor in Vaaldriehoek in puin

Die ANC se Sedibeng-streekkantoor in Vereeniging in ligte laaie. Foto: ANA

Die ANC beskuldig “onbekende brandstigters” daarvan dat hulle sy streekskantoor in Vereeniging aan die brand gesteek het.

“Die ANC in Gauteng veroordeel die misdadige optrede van onbekende brandstigters wat ons Sedibeng-streekskantoor vroeg [Maandagoggend] aan die brand gesteek het ten sterkste,” sê Tasneem Motara, woordvoerder van die party se provinsiale uitvoerende komitee.

Sy sê die opsigter, wat tydens die voorval op die perseel was, het vertel hy is wakker gemaak deur die geluid van ruite wat breek. “Toe hy hom weer kom kry,” sê Motara, “is die gebou aan die brand gesteek. Hy het ongedeerd daarvan afgekom.”

Die ANC het ʼn klag van brandstigting by die polisie in Vereeniging ingedien. “Die vernietiging van ons kantoor kom neer op ʼn aanval op die mense van Sedibeng,” sê die party, “en dis ʼn lafhartige daad deur mense wat geweld en dreigemente wil gebruik om die ANC se werk in die streek te ondermyn.”

Tot dusver is geen beserings aangemeld nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie, sê kapt. Kay Makhubele, Gautengse polisiewoordvoerder. “Tot dusver is geen beserings aangemeld nie. Die oorsaak van die brand sal later aan die lig kom.”

Die ANC se Sedibeng-streek gaan gebuk onder ʼn leierstryd vandat die streeks- uitvoerende komitee verlede jaar ontbind is. Ontevredenheid heers ook oor die aanstelling van die nuwe burgemeester, Gift Moerane. Volgens sommige ANC-lede is hy nie meer ʼn aktiewe lid van die party nie.

Die Vroueliga het aan die party se streekstrukture geskryf om hulle in kennis te stel van ʼn betoging voor Luthuli-huis oor die aangeleentheid wat hulle vir Maandag beplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

koos1 ·

En nou dat die waarheid bietjie nader aan die ANC kom, nou veroordeel hulle dit en open sake.
Hulle het in die 80’s mense aangemoedig om regerings geboue en skole aan die brand te steek, en dit gebeur daagliks nog onder die term diens lewering betogings.

Dries du Toit ·

Dit is die norm in hierdie piesang republiek. As jy nie saamstem nie dan vernietig jy. Diesefde wat dit gepropageer het staan nou ook aan die ontvang kant van hierdie siek propaganda

Ellisras ·

Net ‘n variasie van Onteiening sonder Vergoeding. Nou het niemand iets nie. Dit raak lastig as iets wat ANC beleid is (brandstigting) jou self begin byt.

Judge Dredd ·

Moet die goeie-nuus stories wees waarvan Zuma gepraat het.

christa ·

die ruite het seker gebars van die hitte terwyk die kerel in droomland was. Maar gee ek om???? hulle eie mense moet blameer word want verwoesting is in hulle gene. wie weet beter van vuurmaak as juis hulle

Louis ·

Jip, hulle het geld nodig vir die verkiesing. Bosasa gaan nie meer daar wees om te voorsien nie.

Joe Olivier ·

Moontlik Johan. Ek wonder net hoeveel R milj was in die kluis.

Diefie ·

Ek is confused of is dit die opsigter? Toe hy hom weer kry, is die gebou aan die brand gesteek. Wie, wat, waar het iemand bewyse verbrand? Oeps

Louis ·

Ja, weer iemand anders. Natuurlik was die opsigter aan die slaap. Onbekende persone se alie. Die opsigter het sy werk gedoen nie, soos gewoonlik.

Alfred ·

Die ANC blameer mense wat hul werk in die streek wil ondermyn vir die brand. Ek bly in die streek en kan elkeen verseker daar word geen werk in die streek gedoen deur die ANC nie. Daar is dus niks om te ondermyn nie. Kom kyk gerus hoe lyk dit waar die ANC in ‘n streek werk. ALLES IS VERVALLE

SjN ·

Moet nie aan ander doen wat jy aan jouself gedoen wil hê nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.