Brand ontstaan by luukse Kaapstad-hotel

Foto: ANA

Foto: ANA

Die brandweer moes Sondag spook om ʼn brand by die luukse Kaapstadse Crystal Towers-hotel en spa te blus.

Theo Layne, woordvoerder vir die brandweer, het gesê die brand het glo in die hotel se sauna begin. “Die brand is geblus en ons is nou besig om al die water en rook uit die gebou te kry,” het Layne gesê.

Die brand het Sondagoggend by die hotel naby die Canal Walk-inkopiesentrum ontstaan. Alhoewel daar vasgestel is dat die brand in die sauna begin het, is dit nie in hierdie stadium duidelik wat die brand veroorsaak het nie.

Brandbestryders kon daarin slaag om die vuur tot die eerste vloer van die gebou te beperk, maar rookskade is tot by die agtste vloer waargeneem en waterskade is ook op die grondvloer aangerig. ʼn Reddingsoperasie is tans onderweg, het Layne gesê.

Ten minste vier mense moes vir rookinaseming behandel word. Teen 12:00 Sondagmiddag kon gaste wat vroeër die hotel moes ontruim, na die hotel terugkeer om hul besittings te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.