Brand op luukse Bloutrein ondersoek

Die bekende Bloutrein het in November 2021 kort na middernag naby Germiston ontspoor. (Foto: Twitter)

Transnet stel ondersoek in na ʼn brand vroeg Dinsdagoggend op die luukse Bloutrein uitgebreek het. Die trein is by die maatskappy se fasiliteit in Koedoespoort in Gauteng waar herstelwerk gedoen word.

“Drie persone het van die toneel gevlug waarvan een persoon deur Transnet se sekuriteitsbeamptes aangekeer en aan die polisie oorgegee is,” sê Ayanda Shezi, woordvoerder van Transnet. Twee persone is nog voortvlugtig.

Die betrokke treinwa is na Koedoespoort geneem vir herstelwerk ná ʼn ontsporing in November verlede jaar. “Transnet het byna die ondersoek na die ontsporing afgehandel. Vandag se voorval sal nie die ondersoek belemmer nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Martin ·

Klink vir my asof die Bloutrein deesdae vol blou kolle is… . Alles gaan oor korrekte bestuur.

SjN ·

Laat die een wat gevang is sing en sy ander 2 makkers uitbring, àlles word afgebrand, niks anders as terrorisme.

Kompas ·

Hoekom het die Bloutrein inelkgeval verlede jaar ontspoor. Dis omdat Transnet/ Prasa die hele treinstelsel tot in die afgrond in bestuur.

Kokerboom ·

Vir die wat alles verwoes..dit moet hel wees as jy nie ‘n geskiedenis het, en dan besef jy het nie ‘n toekoms!!!

Samuel ·

Al die goeie en mooi dinge wat deur die “koloniale era” tot stand gekom het, moet vernietig word om die kommunisme ter wille te wees.

Gert ·

Maar die kommunis ry so lekker saam op die koloniale trein tot sy eie voordeel. Maar die base sê verwoes so hy sal verwoes

JAN ·

Verskroeide aarde…. en dan wonder hulle hoekom daar nie môre kos op die winkelrakke is nie. ZIM2

Di ·

Wat hierdie spul seker nie besef nie is dat hulle eintlik hulle eie toekoms verwoes! Hulle is DIE wat die meeste onder al hierdie verwoestings gaan ly, nie ons nie. Wat jy saai, sal jy maai!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.