Brand SA skors raadslid wat glo partytjie hou

Jackson Mthembu (Foto: Maroela Media)

Die ANC-raadslid van Limpopo wat glo tydens algehele afsondering partytjie gehou het, is nou ook as lid van Brand South Africa se raad van trustees geskors.

Jackson Mtembu, minister in die presidensie, het Woensdag Tebogo Mamorobela se skorsing as lid van Brand South Africa se raad verwelkom. Sy word tydelik geskors hangende die uitkoms van ʼn ondersoek na moontlike wangedrag en die skending van die organisasie se naam.

Dié agentskap word deur die regering gefinansier en het ten doel het om die land se beeld te bevorder. Die trustees word deur die president vir ’n termyn van drie jaar aangewys.

Maroela Media het verlede week berig Mamorobela, ’n raadslid van die Makhado-munisipaliteit in Limpopo, is in hegtenis geneem nadat ’n video aan die lig gekom het wat wys hoe sy in Louis Trichardt langs ’n tafel vol drank dans terwyl haar vriende toekyk. Die partytjie is glo op 12 April gehou om die raadslid se verjaardag te vier. Sy het saam met twee medebeskuldigdes in die landdroshof op Louis Trichardt verskyn.

Mtembu sê hy beskou dié aantygings in ʼn baie ernstige lig. “Dit is noodsaaklik dat ons almal die regulasies van algehele afsondering, wat bedoel is om lewens te red, respekteer. Dit is om dié rede dat ons ten volle saamstem met die raad se besluit om ʼn onafhanklike ondersoek na die saak in te stel,” het Mthembu gesê.

Mamorobela verskyn weer op 5 Junie in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eerlik ·

Tydelik geskors, afhangend van n onafhanklike ondersoek, die bewyse is op video vasgele, wat moet ondersoek word.

Yvonne ·

Hierdie ongedissiplineerdheid is maar een van vele tekens van die ANC se onbevoegdheid en korruptheid

Kobus ·

Ek wed julle dat sy na die lockdown verskeie aanbiedeninge sal kry.Sy word vreeslik onbillik behandel en verdien ‘n beter kans …………….ag dis eintlik lagwekkend.Ons minister Abrahams het haar R1000 boete betaal en ‘n baie emosionele verskoning aangebied.Lag lekker en hou seker weer partytjie,die keer sonder kameras.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.