Brand verwoes vulstasie in Krugerwildtuin

Die vulstasie by Onder-Sabie in die Krugerwildtuin is Saterdagaand in ’n brand vernietig. (Foto: Verskaf / SANparke)

Besoekers aan die Krugerwildtuin in Mpumalanga word versoek om deeglike brandstofbeplanning te doen nadat ʼn brand die vulstasie by Onder-Sabie in dié park Saterdagaand verwoes het.

Volgens Isaac Phaahla, woordvoerder van SANParke, het die brand ontstaan nadat die vulstasie deur weerlig getref is.

“Die brand is intussen geblus en ʼn Working on Fire-brandweerspan van Malelane monitor die situasie.”

Phaahla sê niemand is tydens die voorval beseer nie, hoewel die brand enorme skade aan die vulstasie aangerig het.

Die gebied om die vulstasie is ook nie beskadig nie.

“Die vulstasie sal vir geruime tyd gesluit wees. Parkgangers word aangeraai om hul voertuigtenks by die Krokodilbrug- en Skukuza-vulstasie vol te maak.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Dit word verwag dat ‘n vulstasie teen weerlig beskerm is vanweë die vlambare produkte wat daar aangehou word, dit was van my take as HSE beampte. Daar moet ‘n ander rede wees soos swak instandhouding of brandstigting, wat nie ‘n eerste vir die wildtuin is nie ( Berg en Dal onlangs) .

Shakespeare

Weerlig is darem ‘n lekker skuiwergat om doelbewuste brandstigting te verdoesel.