Garth Sampson, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) in Port Elizabeth, het gesê volgens satellietbeelde woed die brand in die suidwestelike deel van die stad en is dit sowat 15km breed.
Volgens Sampson is die brandgevaar indeks nie in die gevaarlike kategorie nie, maar ʼn droë noordwestelike bergwind vuur wat die brand aan. Sampson het gesê inwoners in die betrokke area moet die nodige voorsorgmaatreëls tref.
Volgens ʼn ooggetuie is die brand naby die Setlaars-monument en word Bergweg geraak.
En nou is 301 van ons brand slaners in Kanada…