Brand woed op Seinheuwel

seinheuwel_brand2Brandbestryders is besig om ʼn groot brand wat Donderdag op Vlaeberg (Seinheuwel) in Kaapstad uitgebreek het, onder beheer te kry.

“Ons het met ʼn groot brand te doen weens die plantegroei wat brand,” het Theo Layne, woordvoerder van die Wes-Kaapse brand- en reddingseenheid, gesê.

ʼn Helikopter is vroeër ingespan om te help om die brand met waterbomme te bestry. Brandbestryders op die grond was teen 13:00 steeds besig om die brand te bestry.

Geen eiendom is in onmiddellike gevaar nie, en geen beserings is tot dusver aangemeld nie.

Die volgende foto’s is op die groep Volunteer Wildfire Services op Facebook geplaas. Die video is deur EWN vervaardig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.