Brand woed teen berghange naby Kampsbaai

(Foto: Twitter)

Brandbestryders spook sedert Donderdagmiddag om ’n veldbrand teen die berghange naby Kampsbaai te blus.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brand-en-reddingsdienste in Kaapstad, sê brandbestryders is omstreeks 14:41 na die hange tussen Bakoven en Kampsbaai bokant Victoriaweg ontbied waar ’n veldbrand uitgebreek het.

Altesaam 45 brandbestryders, agt brandbestrydingstoestelle, twee helikopters en ’n vliegtuig is teen laatmiddag ingespan om die vlamme te blus.

Geen eiendom is in dié stadium in gevaar nie, sê Carelse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.