Brandbestryder doodgeskiet

Sonile Annah Mnguni (Foto:; Verskaf)

ʼn Brandbestryder van die Tshwane-nooddiens is Woensdagaand net buitekant die brandweerstasie in Bronkhorstspruit, Gauteng, doodgeskiet.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddiens, sê volgens ander brandbestryders het Sonile Annah Mnguni (59) omstreeks 20:10 uit die stasie geloop om ’n persoon te ontmoet met wie sy glo ’n afspraak gehad het. Sy het net voor dit ’n oproep van die betrokke persoon beantwoord.

“Die brandbestryders beweer dat hulle tussen vier en vyf skote gehoor het etlike minute nadat sy [Mnguni] uit die brandweerstasie geloop het,” sê Mabaso.

“Nadat die brandbestryders van die skok en vrees van die geweerskote herstel het, het hulle buitentoe gegaan om na Mnguni te soek. Haar liggaam is sowat 100 meter weg van die brandweerstasie met veelvuldige skietwonde ontdek.”

Volgens Munyadziwa Ramovham polisiewoordvoerder, is Mnguni in die kop en gesig geskiet.

“’n Paramedikus het Mnguni op die toneel dood verklaar en haar liggaam is aan die Gautengse patologiediens oorhandig,” sê Ramovham.

Die motief vir die moord is in hierdie stadium nog onbekend en word deur die polisie ondersoek.

Die werknemerwelstand-afdeling is geaktiveer om beradingsondersteuning aan werknemers en die familie van die oorledene te bied.

“Die Tshwane-nooddiens betuig hul meegevoel aan Mnguni se familie, kollegas en vriende met haar skielike heengaan.”

Enigiemand met meer inligting wat tot die verdagte(s) se inhegtenisneming kan lei, kan die Bronkhorstspruit-polisie by 013 932 9222 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Miena

Ek woon in Bronkies en weet nie eers van die insident nie. Ons het nie op 01 van ons vele SOS en Gemeenskap whatsapp groepe n notifikasie gekry nie. My innige meegevoel aan die familie asook kolegas. Ons het n NGO BHS911 Responders waar vrywilligers werk om terug te gee aan die gemeenskap. Ek wil net vir hulle ook meegevoel betuig -omrede die instansie dit verseker het o.l.v. Brendon en Riana,- asook die SAPD, TMPD, Tshwane Brandweer en die BHS Hospitaal vir die 1e keer in baie jare weer saamwerk en oor die weg kom met mekaar.

Althes

My innige simpatie. Dis so onnodig.

Swerwer

Wreed! Onmenslik…………………….dit is wat dit is. Innige simpatie en meegevoel aan familie en naasbestaandes.

Waarnemer

Die vraag is….hoe lank het die brandweer personeel aan vrees en skok gely voor hulle die meisie te hulp gesnel het?

madels

Dis so verskriklik tragies, mense se lewens in hierdie land het geen waarde meer nie. Hulle moet maar eers begin soek na die persoon wat haar gebel het..