Brandbestryder val na sy dood uit brandende gebou

Die brandende gebou. Foto: Verskaf.

ʼn Brandbestryder is Woensdagoggend in die Johannesburgse sakesentrum dood toe hy na bewering uit ʼn brandende gebou geval het.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Volgens hom het die voorval by die departement van gesondheid en menslike nedersettings se kantoor plaasgevind.

Brandbestryders, polisie en paramedici is tans op die toneel terwyl honderde nuuskieriges oorkant die gebou bymekaardrom.

Daar is omstreeks 11:00 ʼn harde slag gehoor en ʼn brandbestryder het van een van die hoë verdiepings na buite geval en op die sementplaveisel te lande gekom reg voor die hoofingang van die gebou.

ʼn Video is op sosiale media gedeel van paramedici wat probeer om die man se liggaam met ʼn noodkombers te bedek, maar die wind het dit keer op keer weggewaai.

Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste het bevestig dat ʼn brandbestryder gesterf het. “Al die personeel is suksesvol uit die gebou verwyder en twee brandbestryders wat in die gebou vasgekeer was, is ook uit die gebou gebring en word nou deur paramedici behandel,” het Radebe gesê.

Dit is onduidelik of die man gespring het om die vlamme te ontsnap of uit die gebou geval het.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

14 Kommentare

Staak ·

Die is nou al die vierde groot brand die week, skuil daar n politieke motief hier agter.

Casper Labuschagne ·

Johannesburg se middestand word gekenmerk deur postkoloniale verval en is onmiskenbaar van die meeste stede in Afrika. Dit is amper al ‘n uitsondering dat ‘n week verbygaan sonder dat ‘n gebou daar aan die brand slaan.

Leslie ·

Wat ‘n tragedie.
Sosiale media is ‘n pyn in die dinges.
Die familie weet nog nie dat hul geliefde oorlede is nie, en die video word die wêreld vol versprei.
Hoe onsensitief is die mensdom?

DS ·

Net gister ‘n artikel gelees wat se dat ons nooddienste se kennis van noodgevalle soos die blus van brande ens is skokkend benede die gemiddelde standaard. Watter opleiding kry die personeel? Ek persoonlik dink nie hulle het die nodige kennis om te weet wanneer om in te gaan en wanneer nie. My innige simpatie aan die familie van die oorledene.

Andre ·

Iemand wil dalk ontslae raak van bewyse siende dat daar so baie ondersoeke is.

Andre ·

As jy my vra wil iemand dalk ontslae raak van bewyse siende dat daar so baie ondersoeke is.

Marinda ·

Leslie, ek stem saam met jou oor sosiale media.

Sterkte aan die oorledens se familie en naasbestaandes

Sandy ·

Terwyl ek besef dat brandbestryding ‘n gevaarlike werk is, kan ek nie glo hoeveel brandbestryders tydens die voorval of dood, of beseer, of iets anders oorgekom het nie. Simpatie aan die families wat ‘n geliefde verloor het tydens die voorval.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.