ʼn Brandbestryder is Woensdagoggend in die Johannesburgse sakesentrum dood toe hy na bewering uit ʼn brandende gebou geval het.
Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Volgens hom het die voorval by die departement van gesondheid en menslike nedersettings se kantoor plaasgevind.
Brandbestryders, polisie en paramedici is tans op die toneel terwyl honderde nuuskieriges oorkant die gebou bymekaardrom.
Daar is omstreeks 11:00 ʼn harde slag gehoor en ʼn brandbestryder het van een van die hoë verdiepings na buite geval en op die sementplaveisel te lande gekom reg voor die hoofingang van die gebou.
ʼn Video is op sosiale media gedeel van paramedici wat probeer om die man se liggaam met ʼn noodkombers te bedek, maar die wind het dit keer op keer weggewaai.
Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste het bevestig dat ʼn brandbestryder gesterf het. “Al die personeel is suksesvol uit die gebou verwyder en twee brandbestryders wat in die gebou vasgekeer was, is ook uit die gebou gebring en word nou deur paramedici behandel,” het Radebe gesê.
Dit is onduidelik of die man gespring het om die vlamme te ontsnap of uit die gebou geval het.
Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.
- Die brandende gebou. Foto: Verskaf.
- Die brandende gebou. Foto: Verskaf.
- Die toneel. Foto: Verskaf.
- Foto: Verskaf.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Ai wat n tragedie! Sterkte aan die mede kolegas en familie…
Die is nou al die vierde groot brand die week, skuil daar n politieke motief hier agter.
Hoeveel geboue is daar dan nou wat vandag in die land brand?
Johannesburg se middestand word gekenmerk deur postkoloniale verval en is onmiskenbaar van die meeste stede in Afrika. Dit is amper al ‘n uitsondering dat ‘n week verbygaan sonder dat ‘n gebou daar aan die brand slaan.
Wat ‘n tragedie.
Sosiale media is ‘n pyn in die dinges.
Die familie weet nog nie dat hul geliefde oorlede is nie, en die video word die wêreld vol versprei.
Hoe onsensitief is die mensdom?