Brandbestryders drie keer in twee dae aangeval

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Die Stad Kaapstad se brandbestryders het vandeesweek binne 48 uur nie minder nie as drie keer onder aanvallers tydens betogings in die omgewing van Khayelitsha deurgeloop.

JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê die eerste voorval het Dinsdag plaasgevind toe ’n brandweerwa van die Lansdowne-brandweerstasie gedurende ’n betoging met klippe bestook is. Die brandweerwa is erg in die voorval beskadig en tans buite werking.

Enkele ure later is ’n brandweerwa in Mfuleni met ’n petrolbom en met klippe bestook.

“Personeel het vlamme aan die regterkant van die brandweerwa gesien, maar nie stilgehou nie en na die Blue Downs-polisiestasie gery. Gelukkig het die voertuig nie aan die brand geslaan nie en niemand is beseer nie,” het Smith gesê.

’n Soortgelyke voorval het Woensdag óók in Mfuleni plaasgevind toe brandbestryders saam met polisiebeamptes op ’n klag gereageer het. Dié brandweerwa is ook met ’n petrolbom bestook waarna die dakvoering van die voertuig aan die brand geslaan het.

Personeel kon egter daarin slaag om die vlamme te blus en niemand is in die voorval beseer nie.

“Die Stad veroordeel hierdie lafhartige aanvalle op ons personeel. Die brand-en-reddingsdiens is daar om gemeenskappe te help,” het Smith gesê.

Die voortslepende aanvalle op personeel kan ʼn ernstige uitwerking op dienslewering hê aangesien brandbestryders nie sonder polisiebegeleiding op klagtes sal kan reageer nie, het Smith gesê. Dit sal dus reaksietye op brande en ander noodgevalle vertraag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kokerboom

Kaapstad WEIER ENIGE diens verder aan die gebiede. Dis absoluut onregverdig dat die betalende publiek vir skade moet betaal. Minister Cele en u WesKaap Kommissaris word wakker en kry u agterstewe in rat vir beveiliging

marius

Veroordeel skrik niemand af nie . Laat die boodskap deurgaan dat GEEN hulp hetsy van polisie , ambulanse , brandweer , selfs toeboodjies gebied sal word nie . Die gemeenskap kan dan self die gemors uitroei want hulle weet presies wie dit is . Die mrk kan beraders stuur as hulle dink dis nodig .

katerinadiekat

Nou maar laat hulle dan hul eie brande blus! Liewe hemel man, dit kan mos nie so aangaan nie!

Magda

Hoekom altyd Kaapstad – Iewers het die ANC regering n vinger in die PIE daar. Nerens word daar soveel misdade en brande gestig soos in die Kaap nie – ANC / EFF het julle iets hiermee te doen – Lyk regtig so hoor. Hulel wil net die DA in n slegte lig stel – EN JULLE DRUIP 1000% HOOR. Plaas julle klomp gemors eerder iets by DA in Kaapstad gaan leer.

Susan

Sodra daar weer gebel word oor n brand in daardie omgewing sal ek se jammer al di brandweer waens is buite werking weens julle dit ook aan di brand gesteek en beskadig het. Dan moet hulle maar self di brand blus. Lyk my hulle us uit om di arme mense se waens te beskadig netnou moet daar na iemand anders gery word dan kan daar ni uit gery word ni. Di spul is uit om alles te beskadig en vir wat wonder of hulle self weet. Maak my briesend