Brandbestryders hou kop toe vlamme Franschhoek nader

Foto: WoF

Die Franschhoekveldbrand wat sedert Maandag in die Kaapse Wynland woed, hou tans nié meer ʼn bedreiging vir Franschhoek en omliggende plase in nie.

Dié veldbrand is Donderdagmiddag inderhaas deur middel van natlyne en voorbrande in sy spore gestuit nadat dit in ʼn stadium gelyk het of die brand weens die Suidoostewind na die dorpsgrense sou versprei.

Volgens Jo-Anne Otto, adjunkdirekteur van kommunikasie by die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, is dit te danke aan brandbestryders se verandering van strategie dat geen skade aan eiendom, beserings of lewensverlies plaasgevind het nie.

Brandbestryders moes noodgedwonge planne beraam om die Franschhoekpas as ʼn natlyn te gebruik waar helikopters water gestort het om te verhoed dat die vlamme dié lyn oorsteek.

Die veldbrand woed egter steeds in die hoogliggende gebiede, maar hou tans geen bedreiging vir mense of eiendom in nie. “Hierdie gebiede kan nou geprioritiseer word en die bestuur daarvan sal gedurende ʼn bestuursvergadering vanoggend beslis word,” verduidelik Otto.

Die Franschhoekpas is Donderdagaand weer vir verkeer gesluit.

Volgens Otto het dié veldbrand reeds 5 472 ha veld verwoes. Altesaam 169 brandbestryders en 25 voertuie word ingespan om dié veldbrand te blus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Esta ·

Dankie aan almal wat saam werk om die brand te bestry. Julle verdien goud!!!

duifie ·

Uitstekende foto van ‘n aaklige gebeurtenis. Let op hoe die die vlamme lyk na ‘n afskuwelike bose ongedierte met ‘n baie lang vlammende stert…..

duifie ·

Baie geluk aan die brandbestryders met jul sukses om die pragtige Franshoek te red. Baie dankie vir die veeleisende gevaarlike werk wat julle doen

Hennie ·

Hou ook ‘n sekere politieke party dop wat gese het hulle gaan die land onregeerbaar maak.

Francois le Cochon ·

As jy met ‘n brandbestryder gesels, verstom dit jou in watter uiters moeilike omstandighede hierdie mense werk. Niks minder as absolute hero’s nie. En dan doen baie dit nog vrywillig !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.