Brandbestryders in Kaapstad aangeval

Argieffoto

Brandbestryders is die afgelope Paasnaweek met klippe bestook en ʼn brandweerwa is beskadig toe hulle op ʼn brand in Kaapstad reageer het.

“Die stad se brand- en reddingsdiens het op agt brande reageer in informele nedersettings waartydens twee mans en ʼn baba gesterf het. Ongeveer 200 strukture is verwoes en minstens 600 persone is dakloos gelaat,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid, gesê.

Brandbestryders is na brande in Houtbaai, Mfuleni, Crossroads, Wallacedene, Vrygrond, Gugulethu, New Rest en Lwandle ontbied.

“ʼn Deel van die gemeenskap in Vrygrond het die brandbestryders met klippe bestook en die brandweerwa beskadig. Dit is die tweede soortgelyke voorval in die gebied in minder as twee weke,” het Smith bygevoeg. “ʼn Brandweerwa is vroeër beskadig en ʼn brandbestryder is beseer toe die span met klippe bestook is.”

Smith het gesê dit gebeur te gereeld dat brandbestryders aangeval word. “As mense nie die brandweerwaens met klippe bestook nie, dan word die brandbestryders geteister of gedreig. Selfs die brandslange word gesny. Dit is ongelooflik dat dieselfde mense wat die brandbestryders probeer beskerm, die vertragings veroorsaak en dit lei uiteindelik tot ʼn hoër koste vir die betrokke gemeenskap en die stad. Inwoners moet besef ons is nie die vyand nie, en hierdie gedrag kan hulle beroof van ʼn diens wat hul lewens kan red.”

Die stad se brand- en reddingsdiens het die afgelope ses maande (Oktober tot einde Maart) reageer op 10 922 brande. Meer as driekwart was vullis-, gras- en veldbrande. Daar was 700 brande in formele woongebiede en 808 in informele gebiede.

“Ons kan nie definitiewe getalle gee oor die oorsaak van hierdie brande nie, want in talle voorvalle word die oorsaak as ‘onbekend’ aangedui. Ons merk egter dat elektriese foute, oop vlamme, kosmaak en rook definitief bydraende faktore is,” het Smith bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anoniem ·

Nou ja, dan wil hulle hê die plekke moet afbrand en het hulle dit moedswillig aan die brand gesteek sodat hulle weer en weer met ‘n bakhand kan staan en ontvang.

Linda ·

Ek sien dit hipoteties so: ek bly in ‘n plakkershut met min of geen hulpbronne. Die winter ter kop en ek het verlede jaar se geskenk te komberse verruil vir drank. Die kinders het ook die geskenk te klere uitgegroei. Hoe kan ek nuwe goedere kry sonder geld. O wag, kom. Ek stig ‘n brand en al die dom witmense kom weer tot my redding met vragte kos, klere, komberse, babadoeke, skoene ens. Dit het voorheen gewerk en sal beslis weer werk. Ons moet net verhoed dat die brandweer ons planne in die wiele ry!

vuurtjie ·

Nou los hulle dat hulle maar uitbrand. hoekom vir hulle ‘n diens verskaf wat hulle nie soek nie.

Wanda ·

Dit laat my dink…..daar is weer iets nuut wat wil kop uitsteek. Ek dink dis weer opdragte van leiers om met n plan te werk. Hou dop en sien of dit net in kaapstad gaan bly of versprei???

Theresa B ·

Los hulle dan dat alles afbrand. Ek sal my mense onttrek. Hulle lewens is meer werd as mense wat niks tussen die ore het nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Simpatie en aag-siestog is besig om te verdwyn vir die wie altyd kla en bedel om beter omstandighede tenspyte daarvan dat hulself meeste van die tyd GEEN bydrae lewer nie. As hul goed afbrand of in een of ander iets vernietig word word daar maar net nuwes vir hul aangedra. Hou op samaritane wees, spandeer jul tyd en geld aan die arme diere waarna in sulke tyd nie veel aandag gegee word nie.

Etta van der Merwe ·

Ek moes die berig twee keer lees om te glo ek lees reg. Ek stem saam met al die bogenoemde kommentaar. Los, moenie mense se lewens verder in gedrang bring nie. Ek is verslae oor die optrede van wesens wat hulself mense noem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.