Brandbestryders in stryd met diensvoorwaardes by stasies weggewys

Kaapse brandbestryders ruk 26 September op. (Foto: Armand Hough, ANA)

Die bestuur van die Stad Kaapstad se brandweer het Dinsdag gesê hy is bewus daarvan dat personeellede wat nié aan diens is nie wel by sommige van die stad se brandweerstasies vir diens opgedaag het. Dié lede is versoek om die persele te verlaat.

Die stad se wetstoepassers is in kennis gestel van die brandweerstasies waar die lede wat nie aan diens is nie byeengekom het.

Dit kom nadat brandbestryders verlede week na die Kaapstadse Burgersentrum en die parlement opgeruk het om aan te dring op aanpassings aan die oortydloonstruktuur en beter werksomstandighede.

Brandbestryders by brandweerstasies soos dié in Belhar, Goodwood, Soutrivier en Rolandstraat is aangesê om huis toe te gaan toe hulle om 08:00 aangemeld het.

“Daar was geen sprake van gedwonge verwydering van die personeellede nie en hulle is aangeraai om aan geen aktiwiteite deel te neem nie aangesien hulle nie gedek is nie as gevolg van hul van diens-status,” het Richard Bosman, die stad se uitvoerende direkteur van veiligheid en sekuriteit, gesê.

Hulle is in kennis gestel dat hulle in stryd met hul diensvoorwaardes optree en dat die Stad tugstappe teen hulle sal instel.

Volgens Bosman het sommige werknemers wel besluit om by die brandweerstasies te talm, maar is aangesê om nie in te meng met werk by die stasies nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rina ·

Nog al die jare word hierdie begroepsgroep swak betaal. Tyd geword om hulle meer te betaal. Hulle is kosbaar

Natalene Visser ·

Stem saam. Hulle is kosbaar en doen uitmergelende werk om lewens en eiendomme te spaar.

colleen ·

Hierdie mense werk soms 18-24ure aaneen. Betaal hulle ‘n ordentlike salaris. Dit is mense met harte van goud wat hul medemens dien deur die werk wat hulle doen. Om ‘n brandbestryder te wees is nie vir sissies nie.

piper ·

hier by ons sit die branweermanne net rond en wag by hulle stasies vir uitroep om op te te reageer. hulle mag nie soos in die ou dae die stasie en toerusting skoonmaak nie. daar word skoonmakers ingebring om dit te doen.

Karolis ·

Piper jy is 100% korrek, dit is hoekom die diens so swak vaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.